Video: Wat kan skeefloop? Verloofring op hond se snoet

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou wat met haar verloofring op haar hond se snoet wou spog, het dit byna dadelik berou.

In ʼn video, wat wyd op sosiale media gedeel word, plaas sy die ring op die hond se snoet en vra hom om te “stay”. Sy het gedink dit sou ʼn oulike video wees om haar verlowing aan te kondig. Dinge het egter gou skeefgeloop – die hond het die ring ingesluk.

Die hond sit aanvanklik mooi stil met die ring op sy snoet voor hy skielik ‘n hap vat en die ring insluk.

Die video is op Reddit gedeel met die byskrif: “Wat kan skeefloop as ek met my nuwe verloofring wil spog?” Die gebruiker, wat die video gedeel het, het in die kommentaar laat weet ʼn vriend het die video aangestuur.

Meeste kykers dink die video is grappig, maar talle het gesê die troeteldiereienaar is “onverantwoordelik” en “dom”.

“Leer mens nie honde juis om dit te doen nie?” wil een gebruiker weet. “Mens sit ʼn happie op sy snoet … wag … wag … hap, en die hond eet die happie.”

ʼn Ander gebruiker voeg by: “Hierdie vrou het dit verdien. Mens sit nie iets oneetbaar op ʼn hond se snoet asof dit ʼn lekkerny is nie.”

WCGW if I try to show off my new engagement ring? from Whatcouldgowrong

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moedeloos ·

Sy sal al agter die hond moet loop totdat hy sy landmyn los en kyk of dit saam uitkom

Mieke ·

….. en dan was die “smulhappie” nie eers lekker nie!! Arme hônne!

Patch ·

Ha-ha-ha! Ai shame, nou moet die arme hond deur ‘n ring druk…..☺

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.