Video: Wat sou jy graag aan jou lyf wou verander?

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Jubilee-projek het onlangs dieselfde vraag aan 50 persone gestel: wat sal jy graag aan jou liggaam wou verander?

Die deelnemers kon elkeen een ding kies wat hulle graag sou wou verander en die kinders se antwoorde het almal verras!

Volgens die Jubilee-projek is dit vir hulle belangrik dat mense wat die video kyk net weer gemaklik moet voel met hul voorkoms. “Ons hoop dat die video mense sal inspireer om weer gemaklik te voel en vol selfvertroue,” het Elaine Zhou, vervaardiger van die video, gesê. “Skoonheid is nie oor dit wat jy nie het nie, maar om gemaklik te voel in jou eie vel.”

Die video is deur iNature-skoonheidsorgprodukte geborg.

Volg die gesprek op Twitter met die hutssleutel #IAmComfortableBecause

Die video is die afgelope twee weke reeds bykans 4 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.