Video: Watter plant is dit dié? Hierdie app kan help

PlantNet (Foto: Google Play)

PlantNet (Foto: Google Play)

Die Franse sagtewarevervaardiger Inria het pas ʼn app bekend gestel wat gebruikers in staat stel om ʼn plantspesie te identifiseer deur die druk van ʼn knoppie.

PlantNet, wat vroeër vandeesmaand in Frankryk bekendgestel is, is ontwerp deur die Franse navorsingsondernemings Cirad, IRA, Inria/IRD en die Tela Botanica Network.

Die doel daarvan is om plantkennis op ʼn eenvoudige wyse uit te brei.

Inria het in ʼn verklaring gesê PlantNet maak dit ook makliker vir gebruikers om te kyk watter plantsoorte gevaarlik is.

Die app sal in die toekoms ook uitgebrei word om te wys of ʼn spesifieke plant eetbaar is.

Gebruikers kan maklik plantspesies identifiseer (Foto: Google Play)

Hoe werk dit?

Die app versamel data van ʼn groot netwerk wat oor foto’s en inligting van plante beskik. PlantNet het ‘visualiserings-sagteware’, wat plantspesies herken met die voorwaarde dat die foto die plant goed genoeg illustreer. Dit kan tans meer as 4 000 plantspesies herken en word daagliks uitgebrei.

Die app is beskikbaar vir Android of iOS.

Bron: Collective Evolution

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nestus Venter ·

Lyk my of hulle nog nie ‘n databasis vir Suidelike Afrika het nie.

Theresa ·

Die toekoms gaan interessant wees. Dalk nie meer skole en goed nodig nie – net beter en beter selfone en almal weet dan als met die druk van ‘n knoppie.
“good morning, how do I help you?” “ok, just hold on – I’m quickly checking the phone for the answer…”

Jakoba ·

hoe lekker het jy my nou laat lag. Dit sal voorwaar dalk in die toekoms so gaan.

Johan ·

Dit is presies wat Cortana in Windows 10 alreeds doen. Nog nie in SA beskikbaar nie maar daar is maniere om haar by ons te laat werk. Hoe meer jy met haar gesels hoe beter leer sy jou ken.

OhnaW ·

Ja, daar is niks vir Afrika op databasis. Dit is die belangrikste brokkie inligting wat ontbrek, wat maak dat lesers onnodig data gebruik. Sal help as iemand bietjie navorsing doen voor so ‘n artikel net gepubliseer word.

Lea ·

Ek het nou net die App afgelaai op Google Play… Die naam van die App is presies soos hierbo, PlantNet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.