[Video] Weervoorspeller skree ‘soos ‘n meisie’ oor spinnekop

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn weervoorspeller wat skielik gil toe ʼn spinnekop onverwags oor een van die skerms loop, word wyd op sosiale media gedeel.

Die televisiestasie WOWK, wat in Wes-Virginia in Amerika uitsaai, het aan sy kykers gesê Bryan Hughes het “soos ʼn meisie geskree” toe hy die spinnekop sien, aangesien hy regtig groot geskrik het.

Die kameras was besig om te rol, maar die gil was darem nie regstreeks nie.

Die stasie het die beeldmateriaal later op sy webwerf en Facebook gedeel.

https://youtu.be/Y1Ab15h5r2M

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Penellope Jones ·

Ek neem hom nie kwalik nie – ek is net so ontsettend bang vir ‘n spinnekop!

Jef ·

Die man het groot geskrik vir die spinnekop en die spinnekop het groot geskrik van die man se gegil en die einde van die storie is hulle het altwee groot geskrik.

Babbelbek ·

Neem hom glad nie kwalik nie ek het ‘n fobie vir ‘n spinnekop so ek sou nog gespring het ook en tien teen een harder as dit gegil het!!!!!!!!!!

Alicia ·

As dit ek was – Die woorde wat uit my mond sou gekom het, sou nie op sosiale media toegelaat geword het nie…..

t ·

My seun, was 5 jaar in die Weermag, 6 maande in Soedan, en is nou ‘n brandweerman. Groot en sterk soos dit ‘n Boerseun betaam. Sy fobie vir spinnekop is egter so erg dat hy ook soos ‘n std4 dogterjie gil as een oor sy pad kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.