Derby is met misvormde voorbene gebore en daar is aanvaar dat die weggooihond nooit sou kon hardloop nie, maar danksy moderne tegnologie sukkel Derby se eienaars deesdae om by te hou.
WFAA berig dat Tara Anderson van die maatskappy 3D Systems met die idee vorendag gekom het om vir Derby prostese te vervaardig met ʼn 3D-drukker. Derby se spesiale bene is laer as sy agterbene sodat die verandering nie onmiddellik te drasties is nie.
Derby het vinnig sy nuwe bene gewoond geraak en sy aanneemouers sukkel nou om by te hou.
ʼn Video wat wys hoe Derby vir die eerste keer met sy nuwe bene hardloop is reeds meer as vyf miljoen keer op YouTube gekyk.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Pragtig – en ongelooflik.
Soms doen die mens tog iets goed!
Dankie vir die berig en video.
Dit is pragtig mooi. Wat ‘n wonderlike gebeurtenis. Hierdie hondekinders Derby kan nou ook ‘n wonderlike lewe geniet. Dankie Tara Anderson vir al jou geduld en beplanning .