[Video] Wekker gaan al 13 jaar lank in die muur af

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Gesin in Pittsburgh, Pennsylvania in Amerika, word elke dag herinner aan ʼn wekker wat in een van hul huis se mure vassit.

Jerry Lynn, die huiseienaar, het verduidelik hy het 13 jaar gelede die wekker aan ʼn toutjie vasgemaak en dit van die tweede verdieping in ʼn huis deur ʼn ventilasieopening laat afsak om te bepaal waar hy ʼn gat in die muur in die sitkamer moet maak vir ʼn TV-koppeling. Hy het die wekker gestel om 10 minute later af te gaan.

“Die volgende oomblik hoor ek hoe die wekker val toe dit van die toutjie losgekom het,” het hy verduidelik. “Ek het gedink dis nie ʼn probleem nie, want die wekker sou in elk geval afgaan.” Hy kon egter nie weer die wekker terugkry nie.

“Ek het gedink, miskien sal die battery binne drie of vier maande pap word, so dis nie ʼn groot probleem nie. Dit was in September 2004. Die wekker gaan nog steeds elke dag af.” Die wekker lui daagliks om 19:50.

Jerry se vrou, Sylvia, sê niksvermoedende gaste skrik gewoonlik wanneer die wekker begin lui. “Dit begin saggies met ʼn ‘beep beep beep beep” en dan word dit al hoe harder.”

Die Lynn-gesin is nou al gewoond aan dié inwoner se bekende luitoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet J ·

Volgens die foto is die wekker se wyser nie gestel dat die alarm 19.50 moet afgaan nie wonder maar net.

Freddie ·

Daai is nie die wekker wat in die muur vas sit nie. Die wekker is binne in die muur.Dis net n voorbeeld foto.

Carel ·

Peet J wat maar net wonder, hulle het 13 jaar gelede vergeet om ‘n foto van die spesifieke wekker te neem voordat dit van die toutjie losgekom het, daarom moes julle ‘n ander wekker afneem. Jammer jy was nie daar met jou kamera nie!

Buurman ·

Ek sal graag daardie batterye wil bekom.My horlosie se batterye word elke jaar vervang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.