[Video] Wêreld se eerste tatoeëermasjien-prostese

JC Sheitan Tenet (Foto: Facebook via JC Sheitan Tenet)

JC Sheitan Tenet (Foto: Facebook via JC Sheitan Tenet)

Die Franse tatoeëerkunstenaar, JC Sheitan Tenet, wat sy arm 22 jaar gelede verloor het, het pas die eerste mens in die wêreld geword om ʼn tatoeëermasjien-prostese te kry.

Die prostese is gemaak deur verskeie dele van die bestaande prostese te gebruik, saam met die meganiese werkinge van ʼn tikmasjien, sowel as ʼn manometer en vlekvrye staal.

Tenet het op sy Facebook-profiel geskryf verskeie van die dele van dié prostese is ook weggooibaar om te verseker dit bly dit higiënies.

“Die dele soos die naalde en rubber wat met mense se vel in aanraking kom, is weggooibaar en word vervang,” het hy geskryf. “Die res van die masjien word skoongemaak soos ʼn normale masjien waarmee mens tatoeëerwerk doen.”

Verskeie mense was al onder die naald van dié prostese, wat spesiaal vir hom ontwerp is deur die Franse kunstenaar, JL Gonzal.

Bron: Bored Panda

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danielle ·

Ek sal enige tyd met liefde, indien ek die kans gegun word, hom besoek!!!! Fantasties..!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.