Die video volg onderaan die berig. Sultan Kosen, die wêreld se langste man, is Sondag in Turkye in die eg verbind.
Kosen (30), wat 2.52m in sy skoene staan, se bruid, Merve Dibo, is 1.79m lank. “Ek het die liefde van my lewe ontmoet,” het die 21-jarige Dibo gesê.
Kosen is in 2009 amptelik deur Guinness World Records gekroon as die wêreld se langste man. “Dis baie moeilik om ʼn meisie te kry,” het hy in daardie stadium gesê. “Hulle is gewoonlik bang vir my. Maar ek hoop dat ek nou baie meisies sal ontmoet nou dat ek beroemd is. Dit is my droom om te trou.”
Volgens die Agence France-Presse is 6m materiaal gebruik om Kosen se troupak te maak. Sy skoene word ook spesiaal gemaak.
As hierdie perd as baba lank genoeg deur sy ma geborsvoed is, sou hy ‘n reus geword het.