[Video] Wêreld se oudste dansgroep ruk en rol

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Dansgroep, tussen 71 en 96 jaar oud, se Hip Hop-passies op die dansbaan is ‘n bewys dat ouderdom net ‘n getal is.

Billie Jordan (46) het dié groep, “Hip Op-eration”, in 2012 op die Waiheke-eiland, ʼn klein eiland aan die ooskus van Auckland, Nieu-Seeland, begin. Altesaam 22 oues was deel van die groep wat in 2013 aan die Hip Hop-kampioenskap in Las Vegas deelgeneem het, en hulle is in die Guinness-boek van wêreldrekords bevestig as die oudste dansgroep in die wêreld.

Die gemiddelde ouderdom van die bestaande dansgroep is 79 en daar is twee mans en vyf vroue in die span. Een van die lede is blind, twee is doof, een gebruik ʼn hulpmiddel om mee te beweeg en twee van die lede het al groot hartoperasies gehad. Talle het kunsknieë en heupe en daar is ʼn getroude paartjie (82 en 84 jaar oud) in die groep. Al die lede sukkel met artritis.

Die bestaande groep, Hip Op-eration

Die bestaande groep, Hip Op-eration

Jordan het met die groep begin nadat sy tydens Nieu-Seeland se grootste natuurlike ramp, die Christchurch-aardbewing op 22 Februarie 2011, beseer is. Sy is die groep se choreograaf, dansonderwyseres, bemarker, geleentheidskoördineerder, vervoer en vriendin. En sy doen dit alles vrywillig.

Die groep se doel is om eendag na die Bronx in New York te reis, waar Hip Hop ontstaan het. Die groep beplan om blitsvertonings vir skole en jeugsentra te hou om vir die kinders te wys hoe hulle voorgangers die onwaarskynlikste groep aan die ander kant van die wêreld se lewe verander het.

Die eerste video is die oorspronklike groep en die tweede video is van die bestaande groep.
Lees meer oor die groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.