Video: Wêreld se vinnigste klavierspeler

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Lubomyr Melnek (65) van die Oekraïne voer aan hy is die wêreld se vinnigste klavierspeler en kan glo 19.5 note per sekonde speel.

ʼn Goeie klavierspeler speel slegs tussen 13 en 14 note per sekonde.

Hy noem dit “aanhoudende musiek”, omdat hy só vinnig speel dat die menslike oor nie al die note hoor nie, en dit dus beleef as musiek wat nie ophou nie.

Hy het aan Japan Times erken sy musiek is nie so mooi soos Beethoven of Chopin nie, maar hy meen dit is belangrik dat dit bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

chris van Heerden ·

Ag nee wat daar is baie konsert pianiste wat baie beter doen as dit. Hy maak sy naam “kimberley”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.