Mrs. T, ʼn 90-jarige skilpad, is nou twee keer so vinnig danksy ʼn nuwe stel wiele.
Haar eienaar, Jude Ryder van Pembroke in Wallis, het meer as R17 000 aan veearts-rekeninge spandeer nadat rotte by die skilpad se hokkie ingebreek en haar twee voorpote afgeëet het. Jude wou nie Mrs. T van kant maak nie en het sy seun, Dale, gevra om met ʼn voorstel vorendag te kom, het The Telegraph berig.
Dale het die harnassie met wiele ontwerp en nou is die skilpad twee keer so vinnig soos wat sy vantevore was.
Kon die wiele nie kleiner nie? Skilpaaie is geneig om reg voor hulle, laag op die grond, groenigheid te vreet. Wonder of dit ooit in ag geneem is(?).
My eerste gedagte ook…..kan sy darem nou gemaklik eet sonder om haar nek te verrek? Darem bly sy is gered.
Kon die wiele nie kleiner nie? Skilpaaie is geneig om reg voor hulle, laag op die grond, groenigheid te vreet. Wonder of dit ooit in ag geneem is(?).
Skillie is nou ‘n 4×2 en nie meer ‘n 4×4. So ‘n verpeste rot!!