Video: Witdoodhaai breek deur haaihok

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Duiker van Kalifornië in Amerika het Donderdag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn witdoodhaai in “ʼn seldsame gebeurtenis” daarin geslaag het om deur die haaihok te breek tydens ʼn haaiduik-ekspedisie.

Beeldmateriaal van dié voorval, wat naby die Guadalupe-eiland plaasgevind het, word wyd op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die haai aan ʼn stuk tuna byt wat aan ʼn tou vasgemaak word om hom nader aan die hok te lok.

Die YouTube-rekening Gabe and Garrett, wat dié video eerste op sosiale media gelaai het, het geskryf die haai was egter nie aggressief nie. “Dit lyk soos ʼn aggressiewe witdoodhaai wat die hok probeer aanval, maar dit is nie die geval nie,” het hulle verduidelik.

“Die witdoodhaai het na die aas gehap, die hok getref en kon nie terugswem nie en het toe heeltemal verward homself deur die tralies forseer totdat die metaal gebreek het.”

Die duiker, wat glo ʼn ervare duiker is, is ongedeerd.

Bron: Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Suzette ·

Nee kyk daai haai het beslis sy pap geëet gister oggend! ???

Piet Snot ·

Toe die haai sien dis Staal Burger in die hok, toe maak hy dat hy wegkom.

E.K. - ek sê net! ·

Die duiker is dalk ongedeerd – maar ek dink nie sy broek is nie…!

Louise ·

Dit lyk of di haai seergekry het! Hoe eties korrek is dit om haaie te lok met kos sodat mense hulle kan vergaap aan hulle vir geld?

Angelique ·

Ek dink dis bitterlik hartseer, die haai het seergekry en dit alweer deur mense!!! Die see is sy tuiste, bly daar uit!! En los die arme diere in vrede!!

ferdi ·

Die woord doods moet uit die naam verwyder word om die voortbestaan van die spesie te waarborg.die woord skep die verkeerde boodskap dat hul net daarop uit is om mense te dood.

Justice ·

Skerp Johan – net jammer dat die duikpakbroek daarna verbrand moet word.

Marianne ·

Ken mense die verskil tussen modder en kraal mis???? Lol enige Wilde diet uit en jy speel nie met modder nie.
EK IS HAAI EN SLANG MAL!!! EK WENS EK KON HULLE BESKERM.
Mense is on ingelig. Almal wil hulle sien – ek ook!!!!!
Behandel die diere met respekte.
Aan die duiker ….. Die haai het ook sy trots en sal nie sommer enige iets eet nie! Jy was nie op die spyskaart nie!

Broek ·

Marianne, jy is reg, veral nie iemand met ‘n vuil broek . . .

Waarheid ·

Sulke KREATURE, met baie geld en MIN VERSTAND. Gaan speel in die spasie van wilde diere, wat in hulle eie leefarea is. Die haai is daar die baas, sien hok as bedreiging en kreatuur daarin OOK. Sulke geldmaak speletjies moet wêreldwyd VERBIED word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.