Pituco, ʼn hond van Brasilië, is slim genoeg om self sy eie hondekos by die winkel te gaan “koop”.
“Almal ken Pituco,” verduidelik die veearts by Agro-troeteldierwinkel aan The Dodo. “Sy kos is op die boonste rak, so ons moet dit vir hom aangee. Hy blaf totdat ons dit vir hom aangee.”
Sodra Pituco sy sak hondekos het, stap hy terug huis toe. Die winkel teken sy inkopies aan en Pituco se eienaars kom doen later die betaling.
Pituco se eienaars stuur hom soms selfs om katkos of voëlsaad vir die gesin se ander troeteldiere te gaan koop. (Die eienaars bel natuurlik die winkel en laat weet wat hulle benodig voor hulle Pituco winkel toe stuur.)
Hy woon in Paraí en doen al ʼn hele ruk lank sy eie inkopies.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Te oulik. Op een plek lig hy sy been maar die sak kos bly in sy mond.
Ag dis soo oulik, maar vergeet!! hier sal die hond en die kos verdwyn
Dis nou wraggies ‘n oulike storie. Dit het my dag gemaak! Dankie Maroela
Ai ounooi, dis nou ‘n lekker Maandagoggend woefstorie!
Ag dis so oulik. Wys ons meer sulke goed.