[Video] Woef ontsnap uit dierehospitaal

ʼn Pirenese berghond se merkwaardige ontsnappingspoging uit ʼn dierehospitaal word wyd op sosiale media gedeel.

Die 10-jarige hond, Generaal, het vroeër vandeesweek uit die Aquia-Garrisonville-dierehospitaal in Stafford in Virginia, VSA, ontsnap deur verskeie deure self oop te maak.

Generaal se eienaar, Travis Campbell, het aan die media gesê die gesin het hom by die dierehospitaal ingeboek sodat die personeel na hom kon omsien terwyl hulle met vakansie was.

Die hond het vroeg Maandag uitgekom en verdwyn. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die ontsnappingspoging is wyd op sosiale media gedeel in ʼn poging om Generaal op te spoor en hy is kort daarna met sy eienaars herenig.

Hy is by ʼn huis naby die dierehospitaal opgespoor.

GOOD NEWS: General was found a short distance away taking a nap in someone's yard! ———————————————————————WATCH: A 10-year-old Great Pyrenees named General escaped from Aquia-Garrisonville Animal Hospital in Stafford while the family was vacationing. The family is now asking for the public's help in finding their beloved pet.FULL STORY –> http://bit.ly/2nW5ig0

Posted by ABC 7 News – WJLA on Monday, April 10, 2017

Kyk die video hier op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sam ·

Sluit die veeartse nie hul deure nie? Die hond het so maklik uit gestap, moeiteloos. Bly hy is gevind. Wat van skedule medisynes en spuite wat weg gedra kan word?

Niel ·

die enigste verklaring is dat daardie deure egter wel net van binne af oopgemaak word. Spesifiek gedurende noodgevalle soos brand ens. Mense wil nie nog binne soek na sleutels om uit te kom om te ontsnap nie. Sekerlik soortgelyk soos die brand-ontsnappingsroete in die meeste hotelle ens wat so iets moet he by die brandtrappe. Meestal ‘n spesiale hefboom by die deure wat jy op/af druk om die deur dan te kan oopmaak om te kan ontsnap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.