ʼn Strandkroeg, met spesiale bier net vir honde, het in Kroasië oopgemaak.
Die bier word van hoender en groente gemaak en daar is ook honderoomys beskikbaar wat van piesang, grondboontjies, jogurt en sojamelk gemaak is.
Monty’s Dog Beach Bar het Sondagaand ʼn kompetisie gehou waar 15 eienaars en hul honde aan ʼn wedloop deelgeneem het. Die deelnemers het eers ʼn paar meter ver gehardloop voor hulle in die water gespring en 100 m na die eindstreep geswem het.
Vir die vierpotiges wat nie só aktief is nie, was daar ʼn eet-kompetisie waar hulle aan roomys, koek en bier kon smul.
Monty’s Dog Beach Bar het verlede jaar sy deure oopgemaak. Besoek die Facebook-blad.
Lees ook: TripAdvisor, Total Croatia News
Briljant!!!!
Briljant ek love love love dit…….