Video: Woestynpadda se ‘angswekkende oorlogskreet’

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Amateurfotograaf se video van ʼn padda se “oorlogskrete” word weer wyd op sosiale media gedeel.

Dean Boshoff het die video aanvanklik op 13 Februarie 2013 op YouTube gelaai, maar dit het onlangs weer op sosiale media die ronde begin doen.

Alhoewel die geluide as ʼn “oorlogskreet” beskryf word, het meeste kykers dit vergelyk met die geluid van ʼn hond se plastiekspeelding.

Boshoff se video is reeds meer as 13 miljoen keer op YouTube gekyk en die BBC se beeldmateriaal van dieselfde padda is ook reeds byna 2,5 miljoen keer gekyk.

Dié woestynpadda, Breviceps macrops, kom op ʼn klein gedeelte tussen die see en die duine voor in Namibië en Suid-Afrika. Die woestynpadda is ʼn bedreigde spesie vanweë die gebrek aan habitat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gideon ·

Die padda kom ook in Ellisras omgewing voor in die sandveld!

Johann ·

Kwaak hy, of ‘gil’ hy ook met so ‘n hees dun stemmetjie?

Gideon ·

Dit klink vir my eintlik soos baie klein babatjie wat huil!

Jan ·

Hierdie is ‘n woestyn padda op ‘n missie! Dis is waarskynlik ‘n verskriklike geraas vir die vyand! Maar dis so oulik! Dit laat my met ‘n glimlag! Wat ‘n wonderlike diertjie!

Denise ·

Ag te oulik !!! Ek blaas ook so op as ek kwaad raak maar my afskrik geluide is baie erger gelukig blaas ek weer vinnig af!!!!

Karin ·

Baie dankie vir die artikel en video. Ek is so bly daaroor want ek het ongeveer 2 jaar gelede een oggend vroeg so ‘n paddatjie by my agterdeur gekry nadat dit baie gereen het. Ek woon in Witrivier in Mpumalanga en het nooit voorheen so ‘n gediertetjie gesien nie – ek het nie eers besef dis eintlik ‘n padda nie. My worshond het aan die paddatjie gaan ruik en toe het dit ook so ontsettend aan die skree gegaan en ‘n wit vloeistof afgeskei. Ek het gaan ‘google’ en verstaan hulle bly diep onder die aarde en kom net uit as dit baie reen. Dis so opwindend om nou hierdie video te sien.

Stomgeslaan ·

Ai Foeitog, die arme ding kyk bietjie van balans af. Lyk ook of hy blind is?. Te cute!!!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.