Nuwe tegnologie het dit vir konstruksiewerkers moontlik gemaak om wolkekrabbers, selfs dié hoër as 120 meter, byna ongesiens te laat verdwyn.
Konstruksiewerkers in Tokio, Japan, het ʼn hotel van meer as 120 meter in etlike maande geluidloos verwyder, in plaas daarvan om dit eensklaps te laat inplof. Dié nuwe tegniek verhoed enige bykomende geraas- of lugbesoedeling.
Die geboue word verwyder deur spesiale blokke aan die buitekant van die gebou vas te maak wat as die raam en ondersteuningstelsel optree. Die “raam” stel die werkers in staat om mure en ander ondersteuningsmeganismes los te maak en te verwyder terwyl die blokke steeds die gebou ondersteun.
Dié manier van sloping is as’t ware die teenoorgestelde van die proses wat tydens bouwerk gebruik word.
Met dié destruksie-stelsel word die boonste deel van die gebou gebruik as ʼn ingeslote area om al die destruksie uit te voer.
Die betrokke hotel in Tokio het met meer as ses meter per week “geval”.
Volgens die video vrywaar dié soort tegnologie die omgewing byna heeltemal van geraas- en ander soort besoedeling. Geraasbesoedeling word met soveel as 90% verminder na slegs 20 desibels.
Ai ai, die slim mense van Japan. Kom altyd met iets nuuts vorendag. SA kan by hulle gaan leer
SA se mense sal 3 maande daar wees dan staak die hele Japan.
Sjoe kan mens nie sekere mense ook so laat verdwyn nie??
In Port Elizabeth het ‘n hele skool in twee maande verdwyn, stuk- stukweggedra en weggery deur vandale. Baie voorbeeldig en opgevoed.