Video: Wonderkind-haarstilis is net ses jaar oud

Jiang Hongqi in aksie (skermgreep uit die video)

ʼn Sesjarige seuntjie van die suidweste van China het al duisende kliënte beïndruk met sy talent vir haarstilering.

Jiang Hongqi het by ʼn haarsalon in Suining, Sichuan grootgeword en leer al die afgelope twee jaar by sy ouers hoe om sy vaardighede te verbeter.

Video’s van dié wonderkind wys hoe hy ʼn vroulike kliënt se punte sny voor hy haar hare professioneel uitblaas. In ʼn ander video sny hy ʼn manlike klant se hare met ʼn elektriese knipper.

Jiang se ouers het die video op die app Kuaishou gedeel waar hy vinnig met meer as 1,5 miljoen volgelinge kon spog.

Sy ouers bedryf al ses jaar lank die onderneming en Jiang was maar vier jaar oud toe hy hulle in die salon begin help het. Sy volwasse kollegas het hom aanvanklik gehelp, maar nou kan hy klante op sy eie hanteer.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Ek hoop hy doen dit omdat hy wil, nie omdat hy moet nie. Dis fisies harde werk om ‘n haarkapper te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.