Video: Wonderkind tokkel die snare

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Adrian Romoff (9) speel al sedert hy 2½ jaar oud is klavier. Hy het tydens sy deelname aan die televisieprogram, America’s Got Talent, almal gaande gehad en ʼn video van sy oudisie is al meer as 9 miljoen keer op YouTube gekyk.

Dié wonderkind van Atlanta in Georgia, Amerika is reeds in Graad 8 in die skool, aangesien hy vyf grade oorgeslaan het. Hy het reeds Graad 9 afgehandel en sal dus binne twee jaar begin studeer.

Hy het die beoordelaars en gehoor se harte gesteel – nie net met sy talent om op die klavier te speel nie, maar ook met sy innemende persoonlikheid.

Sy ma, Olga Romoff, was primêr sy klavieronderwyseres sedert hy 4½ jaar oud is, omdat hy glo tussen twee en drie leerboeke in ʼn week kafgedraf het.

Hy het ook as sewejarige Ellen Degeneres op haar televisieprogram vermaak. Hy het reeds drie keer in Carnegie Hall in New York opgetree.

Hy is ongelukkig in die kwarteindronde van America’s Got Talent uitgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.