[Video] Yslike luislang laat gholfspelers bontstaan

‘n Skermskoot uit die video

Toe Kyle Caitiano, ʼn gereelde gholfspeler van die KwaZulu-Natalse noordkus, Donderdag saam met ʼn groep vriende ʼn vriendskaplike potjie gholf wou speel, het ʼn yslike luislang besluit hy wil saam met dié manne ʼn bal of twee sink.

ʼn Video wat Caitiano van dié luislang wat houtgerus oor die Zimbali-gholfbaan seil op sosiale media gedeel het, versprei nou soos ʼn veldbrand.

Die slang, wat volgens die organisasie KwaZulu-Natal Amfibiese en Reptielbewaring oënskynlik 3,5 m lank is, beweeg eers stadig oor die baan voor hy later rats wegseil.

Volgens dié bewaringsinstansie is die luislang Suid-Afrika se grootste slang, en is hy ook bedreig óf het uitgesterf in sommige gebiede van die land.

Nick Evans, ʼn kundige wat vir dié organisasie werk, sê die luislang is egter nog volop aan die noordkus.

“In baie gevalle word die slange in groot getalle doodgemaak vir moetie, soos dit ook die geval is met renosters in Suid-Afrika. Jy sal byvoorbeeld baie van die slangvelle by moetiemarkte kry. Sommige mense maak die slange ook dood om hulle te eet, en ander omdat hulle die dier vrees. Die luislang is egter ʼn beskermde spesie, so dit is onwettig om hulle sommer net dood te maak,” sê Evans.

Dit is nie die eerste keer dat ʼn luislang van dié gebied opslae maak nie. In Junie vanjaar het ʼn vier meter lange luislang in pype verstrengel geraak terwyl werkers besig was om optiese veselkabels aan te lê.

Talle inwoners en toeriste van dié gebied het ook al foto’s gedeel van luislange wat baai in die son of wil vriende maak in sommige huise.

Volgens talle inskrywings word daar vriendelik verwys na die luislange as “inwoners” van die dorp.

Die organisasie KwaZulu-Natal Amfibiese en Reptielbewaring sê hoewel mense nie na ʼn luislang moet stap en hom self probeer verwyder nie, soek dié diere dikwels net na skuiling wanneer hulle in hul natuurlik habitat ontwrig word met iets soos bouery of aanlegte.

Kyk die video ook hier.

Imagine you're enjoying a round of golf, when you suddenly notice this massive moving 'log'?Kyle Caitiano and co witnessed this comical scene yesterday, whilst enjoying their game in the warm, sunny weather, on a North Coast golf estate. It is a Southern African Python (also known as the Rock Python). This individual looks to be around the 3,5m mark, and made of pure muscle! What a beast!Notice how, at first, it appears to move a bit like a slug, moving in a straight line. As you'll see towards the end of the video, when it feels threatened, it is very capable of moving rather quickly!These awesome pythons, South Africa's biggest snake species, are actually in a bit of danger. Although plentiful in some areas, in others they have become either really scarce, or even extinct. They are killed in numbers for muthi (traditional medicine), the same sort of crisis our rhinos face, although not on the same scale. You'll find many skins in muthi markets. Some people also kill them out of fear, and some even eat them. Habitat destruction and a decrease in prey items is also a problem.This is a protected species, and so harming it is illegal. It is a truly beautiful and magnificent animal. I'm so glad this majestic specimen was left alone. We need to work together in conserving this special species, through continuous education and the rescue of 'problem animals'.What an amazing encounter! Lucky golfers!I'd definitely take up the sport if I could see this on a regular basis!Video credit: Kyle Caitiano ~Nick Evans nickevanskzn@gmail.com 072 809 5806

Posted by Nick Evans- Snake Rescuer on Wednesday, May 10, 2017

https://youtu.be/32gqcK11zV8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

amvi ·

Die arme diere het nie meer plek om te bly nie. Hulle moet geduring vlug voor die bose mens. Selfs in hulle eie omgewings. Groot skande!

Anton ·

…as my bal indie rof is gaan ek dit beslis nie soek nie…

liza ·

o my !!!!!!!!!!!! my hart het lankal gaan staan…..genade van bo is al wat my sal kan help om in die lug te hardloop……….ek dink nie dis omdat hulle nie meer bly plek het nie, ek dink die goed is honger……..aaklig……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.