[Video] Ystervark speel klaar met luislang

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn luislang wat met ʼn ystervark se penne deurboor is toe hy gepoog het om dié dier te eet, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

ʼn Brasiliaanse man het dié video verlede maand met sy selfoon afgeneem en die video lok intussen wyd aandag op sosiale media.

Luislange leef gewoonlik van vlermuise, muise, voëls en akkedisse, maar dié luislang was vermoedelik desperaat vir iets om te eet.

Die ystervark het lewend daarvan afgekom nadat hy die slang met honderde van sy penne bygedam het.

Om die slang se petalje selfs te vererger het die videograaf se hond ook vir die slang begin blaf en het die reptiel behoorlik bontgestaan om homself te probeer verdedig.

Volgens berigte het die slang die voorval nie oorleef nie.

In 2015 het ʼn ander video die ronde op sosiale media gedoen toe ʼn luislang ʼn ystervark van sowat 15 kg ingesluk het. Die slang is dood toe hy verskeie keer probeer het om die dier uit te spoeg en die penne sy lyf deurboor het.

https://youtu.be/uxq4dgNrHic

Die voorval in 2015:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Slang ·

Die eerste video lyk soos ‘n Boa Constrictor en nie ‘n luislang nie

Slangman ·

Die slang is a Anaconda. Anacondas = Americas, Python (Luislang) = Afrika and Australasië
“The Anaconda is a species of Boa, not a separate type of snake”
Luislange is in hul eie tipe.

Slang ·

Daardie is NIE ‘n Anaconda nie, maar ‘n Boa Constrictor… ‘n Anaconda is wel familie van die Boa maar daardie spesifieke slang is ‘n Boa Constrictor oftewel ‘n “Red tail Boa”

Theresa B ·

Dis ‘n mooi slang PUNT. Almal neem foto’s maar niemand probeer iets of iemand bel om die arme dier te kom help nie. Daar is mense wat werk met hierdie soort diere. Ek sou dit gedoen het.

video101 ·

ek kan weereens nie 1 van die videos kyk nie. dit stop summier na die chev ad. maroela jul het my epos hoekom reageeer jul nie op my eposse nie!!

Janie Monsieur ·

Dagsê Video101

Ons is jammer dat jy sukkel om die video’s te sien! Ons stuur vir jou ‘n e-pos – hopelik kan ons die probleem sommer vinnig oplos.

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.