Vierjarige in die wolke oor ballon wat ander land bereik

Sienna Taylor (4) en haar Frozen-ballon Foto: Manchester Evening News

Sienna Taylor (4) en haar Frozen-ballon Foto: Manchester Evening News

Sienna Taylor se ma staan verstom nadat sy en haar vierjarige dogtertjie ʼn ballon Sondag in Engeland vrygelaat het en later ʼn foto op Facebook gesien het toe die ballon meer as 960 km verder in Nederland aangekom het.

Sienna en haar ma, Jade Johnston, het Sondag die ballon, ʼn karaktertjie uit die Disney-fliek Frozen, in Manchester, Engeland, vrygelaat met ʼn versoek op die ballon dat die persoon wat die ballon opspoor, ʼn foto daarvan op Facebook sou plaas.

Koos Dekker se vrou het op 22 Junie om 08:00 die ballon in ʼn klein dorpie, Alteveer, gevind en, soos versoek, ʼn foto daarvan op Facebook geplaas.

Die twee gesinne was intussen in kontak met mekaar.

“Sienna is in die wolke,” het Jade gesê. “Sy vertel almal sy is nou beroemd en al haar maatjies by die skool praat daaroor.”

Bron: Manchester Evening News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.