Vierjarige kom met takbokkie-vriend huis toe

Foto: Stephanie Brown/Facebook

Sosiale media koer oor ʼn vierjarige wat vriende gemaak het met ʼn takbokkie toe hy buite gespeel het.

Stephanie Brown was verras toe haar seun Dominic op die voorstoep met die lammertjie opgedaag het. Die gesin was met vakansie by Massanutten-oord in Virginië in die VSA toe Dominic buite gaan speel en met die takbokkie teruggekeer het, berig Fox 40.

Stephanie het gesê sy was verlede Dinsdag besig om kos uit die yskas te pak toe sy Dominic se voetstappe gehoor het. Toe sy omdraai, het haar seun en die takboklammertjie op die voorstoep gestaan.

“Ek het hom en die takbokkie langs mekaar gesien. Ek was baie verbaas! Ek het vir ʼn oomblik gevries want ek het glad nie geweet wat om te doen nie,” het sy aan WBTV gesê.

Sy het vinnig haar selfoon uitgehaal en ʼn foto van die twee geneem wat sy later op Facebook gedeel het.

Die foto is reeds meer as 41 000 keer gedeel en het duisende kommentare uitgelok. “Dit lyk of hulle albei dink dit is ʼn alledaagse gebeurtenis, dis baie kosbaar!” het een persoon geskryf. “Dis die oulikste ding ooit!” het ʼn ander laat weet.

Stephanie sê Dominic wou saam met die bokkie in die huis in kom om pap te eet, maar sy het hom gevra “om saam met sy nuwe vriend terug te stap in die woud in sodat sy mamma hom kan vind”.

Dominic het in ʼn onderhoud met ABC 8News gesê hy het die bokkie “Flash” genoem, na een van sy gunsteling-superhelde.

Dominic really went outside and brought a deer back…

Posted by Stephanie Brown on Tuesday, January 26, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
RS

So kosbaar! Ons het meer van die tipe stories nodig!

Tanja

Wat ń kosbare ervaaring vir albei, seuntjie en bokkie

Vrijburger

Witsterthert. (White tail deer.)

Elsabe

O jinne, dis kosbaar.

Rudolph

Vandag is die takbok oulik, volgende jagseisoen word daar op hom/haar teiken geskiet