Loving Vincent, ʼn dokumentêr wat ondersoek instel na die lewe en omstrede dood van die kunstenaar Vincent van Gogh, is die wêreld se eerste “geverfde” animasieprent.
Elke skoot uit die fliek is saamgestel deur doeke wat met olieverf geverf is. Volgens die vervaardigers was meer as 100 skilders nodig om genoeg materiaal bymekaar te kry. Ongeveer 12 doeke per sekonde was nodig om die hele animasieprent te skep.
Die storie word vertel rondom Van Gogh (1853 – 1890) se skilderye en die karakters daarin. Hy het eers bekendheid as kunstenaar verwerf ná sy dood.
Die intrige van die storie ontvou deur onderhoude met die karakters wat die naaste aan hom was en deur dramatiese herskeppings van die gebeure wat gelei het tot sy dood.
Die plot van die storie is geskryf deur gebruik te maak van die meer as 800 briewe wat Van Gogh self geskryf het.
Meer as 120 van sy skilderye word ten toon gestel in die fliek.
Die fliek word vervaardig deur die Oscar-bekroonde Breakthru Films en Trademark Films en sal na verwagting later vanjaar in teaters begin draai.
Lees meer oor Loving Vincent op hulle webwerf.