Virgin Trains gebruik negejarige se spyskaart

Amelie en haar vriende op Virgin Trains (Foto: Virgin Trains)

Die negejarige Amelie Bridge van Birmingham in Engeland het ʼn reis op een van Virgin Trains só geniet dat sy ʼn voorstel vir ʼn spyskaart aan Richard Branson gestuur het.

Sy het die briefie al in Oktober 2016 aan Branson gestuur en hy was só beïndruk met haar brief en spyskaart dat haar voorstelle vir onder meer ʼn aarbeimelkskommel, kaasversnaperinge en ʼn vrugteslaai, nou deel vorm van die eersteklas-spyskaart.

“Ek was baie opgewonde oor die reis. Ek kon nie ophou praat daaroor nie – al die kinders by my skool weet daarvan,” het Amelie gesê. “Ek het hierdie spyskaart gekies want dit is al my gunstelingdisse. Ek was dol oor die kos. Dit was heerlik!”

Amelie het saam met haar ouers en drie vriende gereis as gaste van Natasha Grice, algemene bestuurder vir Virgin Trains Midlands. “Ons hou daarvan om briewe soos Amelie sʼn te ontvang,” het Grice verduidelik. “Ons weet hoe belangrik is kos en drinkgoed vir ons klante, of hulle nou eersteklas reis of aan boord iets koop. Ons hou van ʼn uitdaging. Dit was lekker om Amelie se spyskaart ʼn werklikheid te maak – ons sal dalk weer by haar aanklop wanneer ons ons nuwe spyskaart moet saamstel!”

Amelie se pa, Richard, was vol lof vir sy dogter se poging. “Die spyskaart het gestalte gekry toe ons ʼn dagreis na Coventry onderneem het. Amelie was mal oor die aanlyn spyskaart en het besluit sy wil graag haar eie een bou. Sy het dit daarna vir Richard Branson aangestuur,” het hy verduidelik. “Ek dink die hele ervaring was baie spesiaal.”

Branson het self ook haar brief op sy sosiale media gedeel. “Die negejarige Amelie het ʼn voorstel vir my gestuur vir ʼn nuwe aanboordspyskaart. Virgin Trains het dit ʼn werklikheid gemaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E.K. ·

‘n BAIE beter spyskaart is as volg: garnale, sjampanje, sjokolade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.