ʼn Wêreldrekordpoging vir mini-domino’s is in die wiele gery toe ʼn vlieg die teëltjies vroegtydig omgestamp het.
Die teëltjies was so groot soos ʼn pinkienael en moes met ʼn knyptangetjie gebou word.
“Die vlieg het die kettingreaksie vroegtydig omgestamp,” het organiseerder Patrick Sinner Saterdag gesê. “Daar was nie meer genoeg tyd oor om weer die klein teëltjies op te stel nie.”
Drie ander wêreldrekords is egter in Nidda, Duitsland verbeter tydens vyf pogings, waaronder ʼn formasie van 596 229 domino’s.
Ongeveer 20 mense het ongeveer twee weke lank spandeer om verskillende domino-formasies op te stel vir die wêreldrekordpoging.
Die drie wêreldrekords is verbeter vir langste dominomuur, grootste spiraal en grootste dominokubus wat binne 15 minute omgeval het.
Nou as dit ek was wat gebou het, so ek na so elke paar n gap gelos het, sodat as iets soos die gebeur, nie alls belemmer nie, maar net n stuk, wat weer herpak kon word.
Moes dit in die winter gedoen het!
Vroegtydig of voortydig?
Defnitief ‘n vliegramp!
Hahaha… voorwaar skerp!