Pendelaars het onlangs op ʼn vreemde toneel afgekom waar ʼn vliegtuig onder ʼn brug vasgekeer is in Harbin, China.
Die voorval het gebeur toe ʼn deel van die vliegtuig op ʼn vragmotor vervoer is ná dit uit mekaar gehaal is, berig New China TV. Video’s op sosiale media wys hoe die romp van die vliegtuig onder ʼn voetbrug vasgekeer is terwyl werkers op die toneel rond staan, en probeer bepaal hoe om die probleem op te los.
Die video is ook wyd versprei op sosialemediaplatforms in China, soos Weibo.
Volgens New China TV is die vliegtuig uiteindelik onder die brug verwyder ná die vragmotor se bande afgeblaas is.
Die vragmotor se bande is direk nadat die vragmotor onder deur die brug beweeg het, weer opgeblaas.
Wil graag sien hoe iemand die bande “opblaas”
In die toekoms kan dit ook in SA gebeur! As SAL nie meer deur die Belasting-betalers gefinansier gaan word met MILJARDE Rande nie, sal die “Ry-tuie” Goeie taxi’s uitmaak! He-he-ge!
Blaas die sleepwa se wiele af dan sak die vrag..
Wielspore, jy het duidelik nie die volle berig gelees nie.
Dis duidelik waarom china en ramaposa so goeie sake verhouding het. Great minds thiks alike.
Seker die wiele op gepomp na dit onder deur is?
Tegnies nie n vliegtuig nie.
So nou dat die stuk romp vasgesit het gaan hulle bietjie verf en “body putty” opsit en verder vlieg met die ding…
Of teen afslag aan SAL verkoop.