ʼn Beseerde skoenlapper kan weer vlieg danksy ʼn vlerkoorplanting.
Katie Van Blaricum, wat as ʼn vrywilliger by ʼn plaaslike dieretuin in Kansas in die VSA werk, het die monargskoenlapper opgemerk wat ʼn deel van sy vlerk verloor het.
Sy was besig om die dieretuin te help om die skoenlappers te merk toe ʼn besoeker haar van die beseerde skoenlapper in kennis gestel het. “Ek het al ʼn vlerk in die verlede reggemaak, so sy het my gevra of ek ook dié skoenlapper sou kon help,” het sy aan SWNS gesê.
Van Blaricum het haar instrumente uitgehaal – ʼn glasplaatjie, gom, spelde en kleefband – om die skoenlapper in plek te hou. Sy het die gebreekte vlerk afgeknip en die vlerk van ʼn dooie skoenlapper aan hom vasgemaak.
“Ek het baie dooie skoenlappers by my huis, so ek het verskeie opsies gehad om van te kies. Ek het een gekry wat min of meer dieselfde grootte en vorm was,” het sy aan die Daily Mail gesê.
Ná sy die vlerkie vir ʼn paar sekondes lank in plek gehou het, het sy die skoenlapper laat gaan en hom ʼn paar dae later buite vrygelaat.
“Toe ons uiteindelik na buite gaan, het hy in ʼn boom opgevlieg en met die wind verder weggevlieg,” het sy bygevoeg.
Sy het in 2013 haar eerste vlerkoorplanting gedoen. Sy werk met dooie insekte, soos dooie skoenlappers, vir haar onderneming, Insect Art, waar sy juweliersware en rame vervaardig.
“Die insekte wat ek gebruik kom van insekplase waar hulle spesifiek vir hierdie doeleinde gebroei word. Hulle word nie uit die natuur gevat nie en ons maak nie die wilde bevolking seer nie.”
Dis ou iets ouliks om te lees.Beter as die treurige Eskom gemors
So dierbaar. Baie geluk met jou “handewerk” so het jy ook Sy lewe gered.
Ek wonder of sy die arme skoenlapper ‘n bietjie “lag gas” of die een of ander soort verdoofmiddel gegee het – hulle voel ook seker pyn? Ek bedoel, sy het die ‘n stuk van die skoenlapper se beseerde vlerk, afgesny voor sy ‘n ander skoenlapper se vlerk “oorgeplant” het.
Wow, wonderlik!
Voorwaar n ” feel good story.”
Behalwe vir die laaste paragraaf.
Stem saam Cherokee.
Wow wat ‘n wonderlike storie om te lees. Mooi so Katie.
Wow! jy gawe ontvang van bo af. Ek mal skoenlappers Kom nou agter sien so min in Gauteng in my pa se tuin dit breek my hart .
Nou dat jy dit noem, is dit iets wat ek bitter lanklaas gesien het in die Bloemfontein omgewing ook. Dalk iets te doen met aardverwarming of die droogtes?