Vlugvoetige 99-jarige dans die tango

James McManus en sy dansmaat, Lucia Serva (Foto; Independent.ie)

James McManus, ʼn 99-jarige man van Ierland wat aan die Wêreldtangokampioenskap in Argentinië deelgeneem het, het ʼn staande toejuiging gekry vir sy vertoning.

“Tango bring my baie vreugde,” het hy aan plaaslike koerante gesê. “Dans is baie belangrik vir ʼn mens se sosiale lewe.”

Aanhangers in Ierland het genoeg geld ingesamel sodat McManus in Buenos Aires kon deelneem.

McManus het eers in 2002, toe hy reeds in sy 80’s was, begin tango.

Met sy wit baadjie, swart langbroek en das, het hy beoordelaars beïndruk tydens die eerste kwalifiserende ronde met sy Argentynse dansmaat, Lucia Seva. Hulle het die luidste applous gekry van kenners by die Usina del Arte-saal waar die kampioenskap gehou is.

Altesaam 744 paartjies van 36 lande neem aan dié kampioenskap deel. McManus is egter die oudste persoon ooit om aan die kampioenskap deel te neem.

Lees meer: Independent.ie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Susna ·

Op 99 jarige ouderdom!!!!! En dan nog die Tango, nie eers n wals nie….salueer vir James.

Adri ·

Sosiale lewe op 99 is vir my dalk nog meer impressive as die dans!

Swanna ·

Nice my Oom dit wil gedoen word en nogals saam so mooi jong bok soos hule sal sê. Hoera!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.