Volg die avonture van Yoshi, die karetseeskilpad

Skermgreep uit die video van Yoshi se vrylating

Yoshi, ʼn karetseeskilpad (“loggerhead turtle”) is op 16 Desember 2017 in die see vrygelaat.

Yoshi was so groot soos ʼn aandete-bord toe sy aanvanklik in 1997 met ʼn vissersboot by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad aangekom het. Gegewe haar ouderdom, uitstekende gesondheid en gedrag, het die akwarium oorgehaal om haar in die see terug te laat.

Sy het 183 kg geweeg toe sy 27 seemyl suidwes van Houtbaai, in 20.6°C water vrygelaat is.

Waar is Yoshi nou?

Yoshi is met ʼn satelliet-kaartjie gemerk en jy kan haar reis volg op die Twee Oseane-akwarium se webwerf.

“Yoshi se ‘paspoort’ is op 26 Januarie gestempel toe sy Suid-Afrika verlaat en Namibiese water betree het. Sy was in daardie stadium 71 km noordwes van die Oranjerivier, en ongeveer 15 km van die kuslyn af, op ʼn diepte van 113 m in 19°C water,” lui ʼn verklaring deur die akwarium. Sy reis ongeveer 30 km oor 24 uur en lyk baie sterk.

Yoshi swem soms nader aan die kus, waarskynlik om kos te kry.

Binne 43 dae het sy ʼn afstand van 1 233 km afgelê. Sy swem teen ongeveer 1.19 km/h wat heeltemal binne die normale spoed is vir wilde karetseeskilpaaie.

Sien nog foto’s van Yoshi se vrylating.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dasifouti-inni-Kapie ·

Sterkte Yoshi, ek weet nie waarheen jy oppad is nie, jy swem elke dag minstens 31 km, maar jy gaan sterk!!

A ·

Die vryheid moet seker fantasties voel. Ek is so bly hulle het haar laat gaan. Ek kry die diere in die dieretuine en akwariums so jammer. En voëls in hokke is vir my eers erg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.