Vreemde wesens in die solder …

Skermgreep uit die video

Niemand sal jou kwalik neem as jy dié video kyk en oortuig is dat dit beeldmateriaal van ruimtemannetjies is nie.

Die video, wat binne vyf dae reeds meer as 12 miljoen keer op Twitter gekyk is, wys twee wit, geheimsinnige kreature met groot oë – en mense is verstom as hulle hoor dis eintlik net twee uiltjies.

Die video is reeds in 2017 verfilm, maar het nou weer opslae op Twitter gemaak toe ʼn gebruiker dit gedeel het.

“Ek is nou oortuig dat mense, wat beweer hulle het ruimtewesens gesien, eintlik net baba-uiltjies gesien het,” het Daniel Holland by die video op Twitter geskryf.

Die kreature is Oosterse nonnetjie-uile.

Volgens die Daily Mail is die video twee jaar gelede op ʼn konstruksieperseel in Viskhapatman, Andhra Pradesh in Indië verfilm. Die nonnetjie-uile is nog nie volwasse nie en het dus nog nie hul volledige veredos nie. Hulle is waarskynlik ook verskrik omdat hulle skielik versteur is.

“Die hartvormige gesigte en afwaartse snawels is kenmerkend van die spesie,” het Shivani Dongre, kurator van die Nehru-dieretuin, aan die Daily Mail gesê. “Omdat dit ʼn konstruksieperseel is, staan hulle dus ook op ʼn plat oppervlak. As dit ʼn oppervlak is waaraan hulle kon vasgryp, dan sou ons duidelik kon sien dat hulle die tak vasgryp.”

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Martin ·

Baba uiltjies se agterent. Poppe wat daar staan gemaak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.