Vreemdeling betaal ma in hospitaal se parkeerboete

11822865_1022583811107520_6989636857854055114_nʼn Jong ma van Australië wat saam met haar siek baba in die hospitaal was, het nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is gesien sy het ʼn parkeerboete gekry, maar met ʼn briefie daarby van ʼn vreemdeling dat die boete reeds betaal is.

Die Daily Mail berig die ma was vir ʼn paar dae saam met haar nege weke oue baba in ’n Canberra-hospitaal. Die boete het die jong ma redelik mismoedig gehad, maar min het sy geweet haar geloof in die mensdom sou vinnig herstel wees.

“Haai daar, ek het gesien jou motor het ʼn parkeerboete op. Ek is seker dit waardeur jy in die hospitaal gaan is reeds moeilik genoeg, so ek het dit vir jou betaal,” het die briefie by die parkeerboete gelees. Die vrou wat die briefie geskryf het, net bekend as Laura, het afgesluit met: “Ek hoop dinge raak beter.”

Die jong ma het later besonderhede oor wat gebeur het op ʼn Facebook-groep gedeel en dit het soos ʼn veldbrand versprei. Sy het by die inskrywing gesê: “Ek hoop Laura sien dit en weet hoeveel ek haar ondersteuning waardeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Is dit nou nie ‘n MENS mens wat dit gedoen het nie? Laura, ek hoop as jy eendag hulp nodig kry iemand anders jou”boete” sal betaal. Welgedaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.