Vrou beboet ná sy met man aan leiband loop

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Vrou van Sherbrooke, Kanada, is Saterdag met ʼn allemintige bedrag beboet nadat sy saam met ʼn man aan ʼn leiband gaan stap het.

Volgens Isabelle Gendron, polisiewoordvoerder, wou die vrou glo die streng aandklokreël ontduik.

Die provinsie Quebec het ʼn aandklokreël van agtuur die aand vir die volgende vier weke ingestel, maar inwoners mag steeds in hul woongebied met hul honde gaan stap.

Toe polisiebeamptes die vrou nader, het sy heel ernstig gesê dat sy saam met haar hond stap.

“Ons glo sy wou ons toets,” sê Gendron.

Die vrou het met ʼn boete van $1 500 dollar (byna R18 000) weggestap, maar het steeds geweier om die perke aan haar vryheid te aanvaar. Sy het aan polisie gesê dat sy elke aand tydens die afsonderingstydperk op die strate te siene gaan wees.

In dieselfde stad is ʼn dronk motoris voorgekeer en ʼn boete opgelê.

“Volgens die motoris wou hy net sien hoe dit voel om buite te wees tydens die aandkloktydperk.”

Tot dusver is 740 boetes in die provinsie opgelê vir aandklok-verwante oortredings, sê Gendron. – AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

dada ·

Is sy beboet oor sy die man aan ‘n leiband rondgeloop het of omdat sy afsonderingstydperk oortree het?

Die Wolf ·

Een fout gemaak. Vergeet om sy honde kostuum aan te trek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.