Vrou bel polisie oor ‘laat pizza’

Argieffoto (Foto: PublicDomainImages, Pixabay)

ʼn Vrou van Ontario, Kanada het die polisie Maandagaand omstreeks 22:00 na ʼn restaurant ontbied omdat sy te lank vir ʼn pizza moes wag.

Konst. Sandra Barr, woordvoerder van die polisie, het gesê die 32-jarige vrou en haar 10-jarige seun het die polisie ontbied omdat hul pizza nie betyds gereed was nie. Beamptes op die toneel het die vrou ingelig oor behoorlike gebruik van die 911-noodnommer en hulle maan Ontario-inwoners om dié nommer slegs te gebruik wanneer ʼn misdaad plaasvind of tydens ʼn lewensgevaarlike situasie.

Sy sê daar is nie enige bewyse dat die vrou alkohol gebruik het voor die laat aandete nie, en sy is ook nie bewus daarvan dat enige klagtes teen die vrou aanhangig gemaak is nie. “Die 911-stelsel is vir diegene wat in gevaar is. Dit is vir noodsituasies waar die polisie, brandweer of ʼn ambulans benodig word. Dit is nie vir pizza-oproepe nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Junes ·

Polisie hier daag op vir self sulke pizza oproepe, darm maar lekker in n 1ste wereld land.

Danie ·

Stem saam. Hulle daag daar op voordat die pizza koud is. In Suid-Afrika is jy (tragies genoeg) dankbaar as hulle opdaag voordat ontbinding intree na ‘n moord gepleeg is.

Zettie ·

Hel, dit lyk na ‘n lekker pizza daai………ek so ook die polisie gebel het as ek te lank vir so lekker pizza moes wag! :) :) :)

Mounty ·

So belaglik soos die SAPS wat nie eens opdaag na n moord nie. Hier daag die cops op (voor hul geweet het oor wat dit gaan). TROTS Canadian, en nog meer trots om nie meer n Saffa te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.