Vrou dog sy het nierprobleme, toe gaan sy huis toe met ʼn baba

Rachael en James (Foto: Rachael Fogarty/TikTok)

ʼn Vrou het gesukkel om te slaap weens erge pyn en het na die hospitaal se ongevalle-afdeling gegaan met vermoedelike nierontsteking. Min het sy geweet dat sy binnekort ʼn baba in haar arms sou vashou.

Rachael Fogarty (29), ʼn administratiewe assistent van Liverpool, het op 24 November by die werk pyn begin ervaar. Sy is vroeg huis toe. Sy het die aand gesukkel om te slaap en het die volgende dag die noodnommer geskakel.

Sy is in kennis gestel dat sy vyf ure sal moet wag vir ʼn hospitaal en omdat sy net vyf minute se ry van haar naaste hospitaal bly, het sy besluit om dit eerder te los en self hospitaal toe te gaan as dinge nie verbeter nie. Ná nóg ʼn slapelose aand het haar pa haar die volgende oggend om 09:30 hospitaal toe gevat.

Die dokter het al die gewone vrae gevra, maar hulle was nie seker wat fout kon wees nie. ʼn Ginekoloog het haar die middag ondersoek en vinnig die raaisel opgelos: sy gaan ʼn baba kry, selfs al het sy nie ʼn idee gehad dat sy swanger was nie.

‘n Pasgebore James (Foto: Rachael Fogarty/TikTok)

ʼn Ultraklankskandering is gedoen en Rachael was verstom toe die ginekoloog na die baba op die skerm gewys het. Sy is in die kraamsaal opgeneem en haar lewe het in een middag handomkeer verander.

Dokters het vermoed Rachael was ongeveer 37 en ʼn half weke lank swanger.

Sy verduidelik sy het polisistiese ovariële sindroom (PCOS) en dit was dus nie vreemd om nege maande lank geen maandstonde te hê nie.

“Ek en my lewensmaat is al 10 jaar lank saam. Dit het nog nooit vantevore gebeur nie, so ek het gedink dit sal nooit gebeur nie. Dis waar wat hulle sê: al wat nodig is, is daai een keer.”

Rachael sê sy het dadelik gewonder of hulle nie kon verhoed dat die baba net vir ʼn dag of twee wag nie – net sodat sy die inligting kon verwerk en haarself kon voorberei.

“My lewensmaat het gelyk of iemand hom met ʼn pap snoek geslaan het, maar toe die baba kom, was hy só gelukkig en hy is sedertdien absoluut wonderlik.”

Sy sê haar werkgewer wou haar nie glo nie, sy moes foto’s stuur as bewyse.

Klein James is uiteindelik op 27 November om 02:32 deur middel van ʼn keisersnee gebore. Hy het 2,31 kg geweeg.

@rachael.fog

#hospital #surprise #idiot #stupid #unknownpregnancy

♬ Love You So – The King Khan & BBQ Show

@rachael.fog

He is so loved….. story time coming soon #bestsurprisever #baby #4month #ididntknowiwaspregnant #storytimecoming #soon #fyp

♬ New Soul – Yael Naïm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Ek het al so paar van die programme gekyk met vrouens wat beweer hulle het nie geweet hulle is swanger nie en dan poof!!!! skielik is daar ‘n baba. Ek sukkel om dit te glo, want enige baba beweeg en skop in jou maag dat jy weet daar is ‘n klein mensie in jou. Hoe op dees aarde kom jy niks agter vir maande en jou maag word tog groter, al is dit dalk ‘n groter geboude vrou.

Janine ·

Ek was 22 weke swanger voor ons uitgevind het. Dit gebeur.

Misky ·

Ek glo jou Janine en in die vroeer termyn nie onmoontlik nie, maar baie vroue wat byna vol termyn swanger is en dan geen benul het nie.

Sandra ·

Ek sal se hy was die moeite werd. Te oulik met sy groot ogies

Sandra ·

Ek het geweet dat ek swanger was, maar my baba was so Klein dat ek haar nooit voel beweeg het nie. Sy is ook vroeggebore met lae geboortgegewig. Sy word nou 17!

M.P. ·

My eerste swangerskap het ek geweet ek is swanger maar ek het nie n enkele beweging of skop gevoel nie en ek was so groot soos n os baba was ook n lekker groot baba, maar my tweede swanberskap was ek baie klein kon skaars sien ek was swanger maar het elke draai beweging en skop gevoel en baba was klein.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.