Vrou gekap oor haar rooi hond

Dan the Big Red Dog/TikTok

ʼn Vrou word van dieremishandeling beskuldig nadat sy haar hond se pels rooi gekleur het.

Die eienaar van die hond, Chloe, hou egter vol haar hond Dandy, ʼn Pirenese berghond, hou baie van die proses om sy pels rooi te kleur en sê die produk is heeltemal skadeloos. Sy deel foto’s van Dandy op TikTok op haar profiel, DanTheBigRedDog.

Dandy lyk baie gelukkig in al die video’s, maar Chloe moet haarself gereeld verdedig teen persone wat sê die rooi kleursel kom neer op dieremishandeling.

“Hy lyk so oulik in rooi,” het sy in ʼn onlangse video aangevoer as een van die redes waarom sy hom rooi kleur. Nog ʼn rede is om te voorkom dat hy gesteel word, om die kans te verminder dat hy deur ʼn motor omgery word, omdat hy baie aandag trek, en om mense te leer dat daar tog iets soos veilige kleursel vir diere bestaan.

Sy voeg by dit is hoofsaaklik plantprodukte wat sy gebruik om sy pels rooi te kleur. “Dan is baie lief vir mense, maar hy weeg byna 60 kg en mense is soms bang vir hom. Nou is hulle glad nie bang vir hom nie! Hulle glimlag en soek sy aandag. Hy is dol daaroor.”

In nog ʼn video wat sy gedeel het, het ʼn TikTok-gebruiker besluit om van die kleursel te eet om te bewys dat dit glad nie skadelike bestanddele bevat nie. Chloe gebruik Opawz-produkte, ʼn spesiale kleursel wat spesifiek vir honde en perde ontwikkel is.

“Die permanente kleur hou sowat 20 wasse,” lui die produkbeskrywing op Opawz se webwerf. “Dit word deur professionele versorgers en vir kreatiewe kompetisies gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

krodedil ·

Dit lyk mooi. Op die fotos kan jy sien die hond is baie goed versorg. As jy dieremishandeling wil sien ry deur die townships.

Miets ·

Aag, ek het sommer ‘n glimlag op my gesig gekry. Hy lyk heel oulik en lyk nie of dit hom pla nie. Dieremishandeling……. Aag nee wat.

Jean ·

Dit is defenetief nie dieremishandeling nie, as ons land net so wil opree teenoor mense wat diere regtig mishandel.

Gerhard ·

1. As jy jou privaat lewe bekend maak op sulke publieke platforms maak jy jouself oop vir kritiek. Dit is al n internasionale sport om alles net van die kantlyn af te kritiseer.
2. Hond lyk glad nie ongemaklik nie. Die pels lyk steeds glad. As sy nou iets gebruik het soos spuit verf was dit n ander storie en was kritiek verseker nodig. Dit veroorsaak baie ongemak en pyn by diere. In die geval lyk die hond heel gelukkig.

Sandra ·

Sy gebruik diere vriendelike kleursel. So ek glo nie dis dieremishandeling as die hond goed versorg en gelukkig is nie. Ja, mens hoef nie eens in die townships rond te ry om diere mishandeling te sien nie, dit gebeur in alle woonbuurte. Wit woonbuurte ook.

VannieBaai ·

Neeeeeee!!!!! ‘n Mens doen dit nie aan ‘n Pirenese Berghond nie!!!! Hulle pelse is spierwit en tesame met die pragtige wit pels is hul reusagtige grootte ook iets wat hul so unieke ras maak!!!! Ek praat van ondervinding. Ag nee vroumens wat is fout met jou man? Kry vir jou ‘n sirkusnar as jy iets rooi en snaaks wil hê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.