Vrou gekap oor Kersboom-foto

Foto: Emma Tapping, Facebook

Foto: Emma Tapping, Facebook

ʼn Foto van ʼn familie se Kersfeesboom word wyd op sosiale media versprei oor die hoeveelheid geskenke wat onder die boom gepak is.

Emma Tapping van Isle of Man word veroordeel omdat die boom verdwerg word deur die hoeveelheid geskenke. Sommige sosialemedia-gebruikers sê sy bederf haar kinders, maar Tapping het gesê sy is dol oor Kersfees. “Ek hou daarvan om my kinders in die feesseisoen te bederf en ek werk baie hard om seker te maak dit is so wonderlik soos wat dit kan wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Prit ·

So waar is die hele werld komunisties. Watte hell het dit met enige iemand in te waai wat daai familie met hulle hard verdiende geld maak?

elize naude ·

vraatsug en uitspattigheid het niks met kommunisme te doen nie… is doodeenvoudig vulgêr oppervlakkig en het NIKS met kersfees te doene nie… miskien moet die dame minder hard werk en tyd met haar kinders spandeer i.p.v hul liefde te koop… van klatergoud het mens nie lank mooi herinneringe nie…

LYNN ·

Geniet elke oomblik van dit en vir die wat se mond water wahaaaaa.

Amelda ·

Stem saam!Maak al jul kinder drome waar!Dis haar geld, haar kersboom, haar kinders en hulle geskenke!As ek dit kon bekostig sou ek dit ook baie graag wou doen!Why not?

Bloues ·

Solank die regte boodskap van Kersfees gegee word kan jy mal gaan met geskenke

Ana ·

Ek gun haar en haar familie dit. Ek hou nie kersfees nie en ek kry nie geskenke nie. Ek gun egter elke mens vreugde.

elize naude ·

ek hou ook nie kersfees nie… ek leef kersfees… en laat my nie deur die industrie voorskryf hoe nie… die grootste geskenk kan ons in elk geval nie koop nie… maar die mensdom het siende blind geword daarvoor…

Esther ·

Wonderlik. Niemand weet hoe lank mens die voorreg het nie. Geniet dit en laat hulle dit wat te veel is of nie van hou nie sommer skenk aan minderbevoorregtes terwyl dit nog nuut is. Daarby leer hulle om weer te gee en ander harte bly te maak. Dan word niks mos gemors nie. Ai dis vrolik. Wens ek kon.

Sarie ·

Die vraag wat niemand vra nie is – hoeveel kinders het sy? My man is ‘n groot familie – sy een ouer was 14 kinders gewees – so dit maak sin as daar soveel geskenke is. Ander vraag ook – koop sy net die tyd van die jaar – of koop sy deur die jaar. My ma het 6 kleinkinders en hulle kry baie geskenke van haar af omrede sy deur die jaar koop. Hier ‘n winskopie, daar ‘n winskopie. en sy is ‘n pensioenaris. So ja – dit kan gedoen word. haar kinders is gelukkig, sy is gelukkig – so is dit nie maar waaroor kersfees gaan nie – is om te gee en nie afgunstig te wees nie?

vermeende ·

So lekker om te sien daar is nog witmense wat kan spandeer.
Bederf jou kinders so lank as jy kan, miskien sit een van julle volgende jaar die tyd sonder inkomste deur BEE of een van julle het die van die misdaad statistiek geword.
Gaan groot as jy dit kan bekostig.

Berhalet Beukes ·

My jinne tog… As sy haar hele huis vol kersgeskenke pak is dit haar volste reg! Mense kan tog só eenvoudig wees! Die persone wat haar daaroor gekap het is seker te suinig om geskenke te koop!

Kobus Bosman ·

In SA kan jy nie waag om sulke fotos te plaas nie, huisbraak is jou voorland.

Gerhardt ·

Ag los die stomme vrou tog! Mens kan maklik twee klein geskenkies koop wat meer kos as al die geskenke saam. Mens kry darem skynheilgie mense.

heni seemann ·

hier word oor ‘n heidense ritueel gestry wat NIKS met die Christusfees te doene het nie…

“… en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie…”

hierdie sin in die Bybel vervul my met groot deernis en hartseer tegelyk… omdat dit vandag nog geldig is… daar is nog steeds nie plek in die “herberg” nie… inteendeel die “herberg” het plek gemaak vir “consumptie”

die mensdom het weinig begryp waaroor die geboorte van Jesus gaan…

elize naude ·

heni,
jy het dit mooi gestel! die mens het so oppervlakkige geword en is verbaas dat dinge so loop soos wat dit loop!

Andelé ·

Stem saam jou!! Hartseer on te sien dat soveel mense nog STEEDS kersfees vier dit is Pagan en het niks te doen met Jeshua se geboorte nie Hy is NIE op die 25ste Des of enigsins eers in Des gebore nie. Mensgemaakte feeste het die plek van al Vader se Verpligte Feeste vd Bybel aan ons oorgeneem!!!

Marie ·

Die vrou is van Isle of man. Mark Shuttleworh bly ook daar. Dalk mense met geld. Niks MET ONS TE DOEN. Bemoei julle met S A en sy probleme.

alletta Strydom ·

baie gelukkig kinders…….
ek dink dis fantasties…..
gee gee gee……
wens ek was nog n kind en beslis in hasr huis…..
hoop sy sit fotos op van al die stralende gesigte………

Pieter ·

My boom is ook toegepak onder die dose, maar met die rand wat in sy kannon is, is al my dose leeg!

AmY ·

Dis haar geld en sy het dit sekerlik eerlik verdien. Laat Sy met haar geld maak wat sy wil. Ons gaan nie Kersfees groot nie, maar ek het niks teen mense wat dit doen nie.

Jakoba ·

Ek vier ook God se geboorte met my Kersboom. Ek noem Kersfees “Die Heilige Geboorte fees”. Ek glo dat God nie omgee waneer ons sy verjaarsdag vier nie. My boom sal opgesit word, die boom is nie sonde nie maar die veroordeelaars pleeg groter sonde deur geduurig klippe te gooi

Annie ·

Sjoe Elize. Lyk asof jy oorlog voer oor iets wat niks met jou of enige iemand te doen het nie. Net soos ons mense is, wil te veel se oor ander mense, wat hulle doen of hoe hulle glo. Wat het dit met ons te doen??? My Kersboom staan ook, maar daar is nie geld vir geskenke nie. Wens ek kon dit bekostig het. My kinders weet ook dat dit God se dag is. Dat ons dankbaarheid toon en vir mekaar moet lief wees. As ek verkeerd is oor die stellings vra ek God om ons te vergewe, maar ek dink God waardeer tog as mens Hom eer.

Anon ·

Dink net hoe bly moet daai kindertjies se hartjies wees as hulle daar instap!

JaNee ·

Vaderland Elize Naude. Het jy niks beters te doen nie. Sulke ongevraagde kommentaar op elkeen se stellings. O wee nee…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.