Vrou gekap oor streng reëls vir honde-oppasser

Argieffoto (Foto: lokalsportessen/Pixabay)

ʼn Vrou word veroordeel omdat sy ʼn honde-oppasser ʼn kontrak wou laat teken om aan 11 streng reëls te voldoen.

Wanneer mens iemand kies wat na jou troeteldiere omsien, slaan mens gewoonlik ag op aanbevelings of gesels met professionele persone voor jy van hul dienste gebruik maak. Een eienaar wou egter op sosiale media iemand kry wat vir ʼn week lank na haar hond, Zero, kan omsien – mits die persoon aan die streng reëls sou voldoen.

Die advertensie gee nie inligting oor hoeveel sy bereid is om vir die honde-oppasser te betaal nie, maar sy skryf: “Ek is op soek na ʼn ongelooflik betroubare en liefdevolle persoon wat volgende week met Zero kan gaan stap en hom kan voer.”

Sy gee dan die volgende reëls: Die persoon moet lief wees vir honde, moet lief wees vir Zero; moet drie tot vier keer per dag met hom kan gaan stap; moet hom twee keer per dag kan voer. Die persoon moet reeds gewoond wees aan Zero en die persoon moet styf genoeg kan vashou aan sy leiband (Zero weeg tussen 58 kg en 63 kg) omdat hy opgewonde raak oor ander honde en mense.

Die honde-oppasser moet gereeld kommunikeer oor wanneer die persoon opdaag, wanneer Zero vir ʼn stappie gaan, wanneer Zero kos kry, en wanneer die persoon weer Zero verlaat. Die persoon moet ook gereeld foto’s stuur.

“Die persoon moet ons persoonlike besittings uitlos en ʼn geskrewe kontrak teken. Die persoon moet instem tot aanspreeklikheid as enigiets met Zero of ons huis en besittings gebeur.”

Die vrou se lys van reëls wat op sosiale media gedeel is

Alhoewel meeste gebruikers die vrou se lys van reëls veroordeel, meen ander sy kan maklik besluit om nie te betaal nie, indien die honde-oppasser op een of ander manier nie aan die kontrak voldoen het nie.

“Los ons goed uit sodat jy nie weet hoeveel goed reeds gebreek is nie en dan kan ons ʼn nuwe ding eis en jy gaan verantwoordelik wees,” skryf een gebruiker. “Hulle is sowaar op soek na iemand om te bedrieg. In die beste geval sal die ‘skadevergoeding’ wonderbaarlik gedek word deur watter betaling hulle ook al aanbied.”

Nog ʼn gebruiker stem saam: “Dis waar. Dit lyk soos ʼn wonderlike manier om uiteindelik nie enigiets te hoef te betaal nie (as hulle hoegenaamd van plan was om iets te betaal – ek weet nie). Hulle het reeds iemand van die hand gewys wat aangebied het om by hul eie huis na Zero om te sien – so dit lyk alles baie verdag.”

ʼn Derde gebruiker sê die “moet instem dat jy aanspreeklik gehou kan word as enigiets met Zero of ons huis gebeur” klink soos ʼn bedrogspul wat wag om te gebeur. “Die volgende stap is dat hulle valslik aanvoer dat skade in hul huis gebeur het terwyl jy in beheer was en dan gaan jy moet opdok. Ek sien boonop nie enige teken van betaling nie – is hulle op soek na ʼn vrywilliger of wat?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swerwer ·

As die eienaar van Zero regtig so lief is vir hom/haar, dan moet sy in die eerste plek ‘n honde Hotel bespreek. Daar sal Zero met liefde versorg word en niemand sal haar huis betree waaroor sy onrustig hoef te wees nie.

Sandra ·

Ok ek stem saam tot op ‘n punt wat die hond aanbetref. Maar dat sy verantwoordelik gehou sal word as iets in hul huis gebeur, nee dit is verregaande. Die persoon se verantwoordelikheid is net om die hond vir lopies te vat en te voer, nie om agter die huis te kyk nie. Soos ek dit verstaan gaan die persoon nie daar bly nie, maar opdaag om dit alles vir die hond te doen. Ek persoonlik sal nie die verantwoordelikheid aanvat nie, want dit beteken as iets “wegraak” in die huis, gaan jy die eerste verdagte wees. So ek dis dis ‘n bedrogspul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.