Vrou gered wat selfoon uit toilet wou haal

Twee van die brandbestryders, Rubal en Torres, wat die vrou gered het (Foto: Brinnon-brandweer/Facebook)

ʼn Vrou moes deur brandbestryders gered word ná sy in ʼn puttoilet geval het. Sy wou ʼn selfoon uithaal wat per ongeluk ingeval het.

Die vrou, wie se naam nie bekendgemaak is nie, was by Mount Walker in die Olympic- nasionale park, noordwes van Seattle, Washington, toe die voorval naby ʼn parkeerarea gebeur het. Sy het haar selfoon in haar hand gehad toe dit skielik in die puttoilet geval het.

Tim Manly, hoof van die Brinnon-brandweer, het gesê die vrou, in haar 40’s, kon die toiletsitplek afhaal en het haar hond se leiband gebruik in haar poging om die selfoon uit te haal. Toe dit nie werk nie, het sy die leiband gebruik om haarself aan die toilet vas te maak om na die selfoon uit te reik, maar dit het veroorsaak dat sy kop eerste in die toilet geval het.

“Dit het nie gewerk nie en sy het in die toilet geval,” het Manly gesê. Hy sê die vrou het 10 – 15 minute lank self probeer om uit te klim, omdat sy alleen was.

Sy het toe die noodnommer geskakel toe sy met haar selfoon herenig kon word.

Brandbestryders het uiteindelik blokke vir haar aangegee om op te staan totdat sy ʼn harnas kon bereik waarmee hulle haar uit die puttoilet kon trek.

Die brandweer het gesê sy is nie beseer nie.

Die vrou is afgespoel en is “aangemoedig om mediese behandeling te kry” ná sy aan ontlasting blootgestel is, “maar sy wou net huis toe gaan”.

“Ek is al 40 jaar in die brandweer, maar hierdie is ʼn eerste,” het Manly bygevoeg. “Die vrou is uiters gelukkig dat sy nie oorval is deur die giftige gasse of dat sy enige beserings opgedoen het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Prontuit

ag nee wat hoor “cut your loss” so desperaat is ek nie vir ‘n selfoon nie jig

Impact

Goeie genade dit was ‘n kalkerige spul gewees. Daai selfoon sal ook nooit weer dieselfde wees nie. Nee wat so desperaat vir ‘n foon is ek nou nie

Janine

Jiggie! Ek is skoon naar! So desperaat is ek waaragtig nie om ‘n foon te red nie. Blegh!

SjN

Ek dog put toilette kom slegs in Afrika voor?