Vrou geskok oor kragrekening van $284 miljard

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Vrou van Pennsylvania in die VSA het ʼn onaangename verrassing gekry toe sy haar kragrekening aanlyn wou besigtig en die rekening toe meer as $284 miljard beloop het.

Volgens die Amerikaanse nuusagentskap CBS News het Mary Horomanski (58) aan The Erie Times-News gesê haar “oë het amper uitgeval” toe sy die reusebedrag sien. Horomanski het vermoed haar gesin het hul Kersliggies verkeerd gekoppel.

Die troos was dat die rekening aangedui het dat sy nie die volle bedrag van $284 460 000 000 hoef te betaal tot November 2018 nie. Slegs ʼn minimum bedrag van $28 156 (ongeveer R347 000) was teen einde Desember betaalbaar.

Horomanski se seun het die kragverskaffer Penelec gekontak, wat bevestig het dat die rekening ddfoutief is. Penelec se oorhoofse maatskappy, First Energy, voer aan die desimale punt het foutiewelik geskuif en Horomanski se nuwe totale bedrag is gewysig na $284.46 (ongeveer R3 500).

Mark Durbin, woordvoerder vir First Energy, het aan The Erie Times-News gesê hy het nog nooit ʼn rekening vir miljarde dollars gesien nie. “Ons waardeer Horomanski se vrymoedigheid om kontak met ons te maak oor die fout,” het The Huffington Post berig.

Horomanski het aan The Erie Times-News gesê dié skrikwekkende rekening het haar genoop om haar seun vir ʼn ander Kersgeskenk te vra. “Ek het vir hom gesê ek soek ʼn hartmonitor,” het sy geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vermeende ·

Kyk net die verskil, in die VSA word die fout dadelik gesoek en herstel maar in SA sal jy eers moet betaal dan sal hulle miskien die fout soek en na n paar jare se hofsake regstelling doe en moenie dink jy gaan jou geld terug kry nie, jy sal maar krag moet gebruik tot jou rekening balanseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.