Vrou jaag weg met vragmotor vol oliebolle

Argieffoto (Foto: Fidel Fernando / Unsplash)

ʼn 28-jarige vrou van Australië is Donderdag in hegtenis geneem ná sy met ʼn vragmotor met 10 000 Krispy Kreme-oliebolle weggery het.

Die polisie sê ʼn afleweringsvragmotor – sonder enige handelsmerke – het aan die buitewyke van Sydney vir brandstof stilgehou toe die vrou glo ingespring en met die varsgebakte vrag weggejaag het.

Speurders het die spoor gevolg tot by ʼn voorstedelike parkeerterrein, waar die verlate vragmotor meer as ʼn week later opgespoor is.

Die vrou is Donderdag aangekeer op aanklag dat sy ʼn vragmotor sonder die eienaar se toestemming gesteel het.

Volgens die polisie is die oliebolle “vernietig”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karoo ·

Sien… ek se vir my vroutjie, Carb Cravings is ‘n leeeeeelike ding veral die tyd van die jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.