Vrou laat slang baba pik, ‘om ʼn les te leer’

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou van Florida in Amerika word ondersoek nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn slang haar eenjarige dogtertjie pik.

“Die slang het my en my seun ʼn paar keer gepik en nie eers ʼn merk gelos nie,” het die ma gesê nadat hulle die rooi rotslang buite hul huis in Sebring gevind het. “Ek het gedink dis ʼn goeie geleentheid om haar aan slange bloot te stel sonder dat sy seerkry.”

Volgens die ma, wie se identiteit weerhou word, is mense “te sensitief”. Hulle dink dat ek my kind doelbewus wou beseer. Mense wat my ken weet ek sal nooit my kinders laat seerkry nie.”

ʼn Polisiebeampte het die vrou verlede week ondervra. Sy hou vol die slang was skadeloos, omdat sy tande te klein is om vel te deurboor.

Sy bly op die platteland op ʼn 9 hektaar groot eiendom en sê dit is altyd belangrik vir haar om haar kinders te leer hoe om die natuur en wild te hanteer, en wat om te vermy. Sy het self grootgeword en geleer hoe om met reptiele te werk, en sy glo sy het haar kinders ʼn les geleer.

“Sy is nie nou bang vir slange nie, maar sy wil ook nie aan hulle raak nie, dit was my doel.”

WFTS News het met die ma gesels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
E.K.

Wat se ma is dit die?! Volgende keer dink die arme kind alles slange is nie-giftig want sy het mos eerste keer niks oorgekom en gryp die kalant sommer aan die stert!

Lyois Landa

Ek sien nie die skade hierin nie – die vrou weet duidelik dat die slang nie enige gevaar inhou nie. Sal ek dit aan my kinders doen – nee. Maar dit bygesê ek bly nie in ‘n gebied waar ek met slange gekonfronteer word nie. Sy verduidelik dat haar kind nie meer bang is vir slange nie, maar sal nie weer aan hulle probeer vat nie. Veronderstel sy het haar kinders nie hieraan blootgestel nie, hulle skrik en hardloop – hulle sal beslis gepik word. Ja die kind het geskrik en dalk bietjie gehuil. Kinders skrik ook vir honde en… Lees meer »

A

Eeeehhhh, kon sy maar nie die kind oor die vingers getik het nie? Dis soos myne geleer het om nie aan alles te vat nie. Maar om die slang haar te laat pik? Ek weet darem nie. Wie sê die kind reageer nie anders op die byt omdat sy ‘n allergie of iets dergliks het nie.

Theresa B

Blerrie stupid as jy my vra. Wat weet ‘n kind van 1? Ek sal haar aankla.

Jean

Agnee dit is belaglik, so kan jy jou kind deur ‘n hond ook laat byt om hom te waarsku dat ‘n hond gevaarlik is? Regtig nie lekker nie, daar is genoeg tyd om jou kind te leer van die gevare, hierdie was werklik ondeurdag. Lyiois, jy is nie baie bekend met slange nie is jy?