Vrou laat slang baba pik, ‘om ʼn les te leer’

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou van Florida in Amerika word ondersoek nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn slang haar eenjarige dogtertjie pik.

“Die slang het my en my seun ʼn paar keer gepik en nie eers ʼn merk gelos nie,” het die ma gesê nadat hulle die rooi rotslang buite hul huis in Sebring gevind het. “Ek het gedink dis ʼn goeie geleentheid om haar aan slange bloot te stel sonder dat sy seerkry.”

Volgens die ma, wie se identiteit weerhou word, is mense “te sensitief”. Hulle dink dat ek my kind doelbewus wou beseer. Mense wat my ken weet ek sal nooit my kinders laat seerkry nie.”

ʼn Polisiebeampte het die vrou verlede week ondervra. Sy hou vol die slang was skadeloos, omdat sy tande te klein is om vel te deurboor.

Sy bly op die platteland op ʼn 9 hektaar groot eiendom en sê dit is altyd belangrik vir haar om haar kinders te leer hoe om die natuur en wild te hanteer, en wat om te vermy. Sy het self grootgeword en geleer hoe om met reptiele te werk, en sy glo sy het haar kinders ʼn les geleer.

“Sy is nie nou bang vir slange nie, maar sy wil ook nie aan hulle raak nie, dit was my doel.”

WFTS News het met die ma gesels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

E.K. ·

Wat se ma is dit die?! Volgende keer dink die arme kind alles slange is nie-giftig want sy het mos eerste keer niks oorgekom en gryp die kalant sommer aan die stert!

Lyois Landa ·

Ek sien nie die skade hierin nie – die vrou weet duidelik dat die slang nie enige gevaar inhou nie. Sal ek dit aan my kinders doen – nee. Maar dit bygesê ek bly nie in ‘n gebied waar ek met slange gekonfronteer word nie. Sy verduidelik dat haar kind nie meer bang is vir slange nie, maar sal nie weer aan hulle probeer vat nie. Veronderstel sy het haar kinders nie hieraan blootgestel nie, hulle skrik en hardloop – hulle sal beslis gepik word.
Ja die kind het geskrik en dalk bietjie gehuil. Kinders skrik ook vir honde en ander diere. Ek het al gesien dat katte meer skade aanrig.

CB ·

Ek stem nie saam. As daai ma die kind wou “leer” sou sy nie so gelag het toe die kind gehuil het nie. Sy sou iets gesê het soos wanneer ons ons kinders waarsku dat iets warm is en jy moet NIE raak nie. Jy sal die kind waarsku en as jy nogsteeds raak gaan jy nie lag nie!’

Rita ·

Ek dink dit is ‘n waardevolle les vir die kind aangesien die ouers op oop gronde bly, en daar baie meer (gevaarlike) slange sal wees. Dit het haar dus geleer om nie nadere ondersoek te gaan instel nie, maar eerder dat ‘n slang gevaar inhou.

Willem ·

Ek is baie, baie bly julle wat dit goedpraat is nie my ma of vrou nie…. dis skokkend. En weet julle hoe maklik dit is om slange te misidentifiseer?!

A ·

Eeeehhhh, kon sy maar nie die kind oor die vingers getik het nie? Dis soos myne geleer het om nie aan alles te vat nie. Maar om die slang haar te laat pik? Ek weet darem nie. Wie sê die kind reageer nie anders op die byt omdat sy ‘n allergie of iets dergliks het nie.

Theresa B ·

Blerrie stupid as jy my vra. Wat weet ‘n kind van 1? Ek sal haar aankla.

Jean ·

Agnee dit is belaglik, so kan jy jou kind deur ‘n hond ook laat byt om hom te waarsku dat ‘n hond gevaarlik is? Regtig nie lekker nie, daar is genoeg tyd om jou kind te leer van die gevare, hierdie was werklik ondeurdag. Lyiois, jy is nie baie bekend met slange nie is jy?

Ezanle ·

Ek dink dis belaglik. Wie doen dit aan jou kind??
Ek verstaan wat Landa hierbo sê maar stem saam E.K.

Ons het selfs jare op ‘n plaas gebly met baie giftige slange en my kinders het vandat hulle kon kruip geweet ‘n slang is nie ‘n dier waarmee jy speel nie. Mens word groot gemaak om maar versigtig te wees en jy leer jou kinders sonder om hulle regtig bloot te stel aan die gevaar of die skade wat ‘n slang kan maak.

Ek dink net nie mens doen dit wat die ma gedoen het nie. Dis so goed soos los jou kind by ‘n oop vuur en laat hy/sy maar voel hoe dit voel om gebrand te word want dan sal hy/ sy nie weer naby ‘n vuur gaan nie.

Kannie so met als redineer nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Hendrik

Dankie vir jou navraag.
Die taalgebruik in die berig is wel korrek. ‘n Slang “pik” mens inderdaad en die plek waar ‘n slang gepik het, is ‘n slangbyt.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

dolphin ·

baie laf vir die ma dis nie geleerde word nie baba verstaan nie so mooi nie sy is immers 1jr oud.hoe ouer dit word dan sal dit verstaan dis wreedbaar vir die man aan die kindjie.

Knerses Van Rensburg ·

Ek kan net my kopskud met die belaglike kommentaar

Mercia Prinsloo ·

Watter rede sy het om so te lag , sal net sy weet.Grens vir my aan liefdeloosheid.

Beatrix Oosthuysen ·

Verseker nie vir my die aanvaarbare manier on jou kind the leer nie en nog te lag daaroor. NEE!!!!. Daar is ander maniere. Die ma most aangespreek word.

Beatrix Oosthuysen ·

Verseker nie vir my die aanvaarbare manier on jou kind te leer nie en nog te lag daaroor. NEE!!!!. Daar is ander maniere. Die ma moet aangespreek word.

heksie ·

DIE MA HET BESLIS N “PIK” TEEN DIE KOP WEG…..NIE N MA SE AGTERENT NIE

Marie Pretorius ·

Die baba is verseker te klein om te verstaan en te leer en die ma moet hieroor aangevat word….. haar koppietjie klap verseker!

Liza ·

Liewe genade dis net een te veel…….hoe kan mens so iets doen, dis ‘n een jarige kind…..siek verby……

jean ·

Is ons siek of nie?………En ons lag soos ‘n besetene?….

Retha ·

Ag nee regtig? Haar metode van opvoeding staan my nie aan nie. Dit is bloot vir haar eie vermaak. Ek het self ‘n 1jarige dogtertjie – dis ‘n baba – word wakker!!!

Action Jackson ·

Ons het in Brakpan groot geword….Daar het die ma-slange die klein slangetjies teen kinders gewaarsku. Jy moes ook altyd die tuinhekkie agter jou toemaak anders kom die bure se kinders in en byt jou honde!!

weetnielekker ·

Toe ek opskrif lees wou ek oordeel. Maar na die video.
Ek dink eerlik die ma se intensies was goed.
En ja dalk was dit waardevolle Les. Ek self is …. bang vir slange en spinnekoppe . . Sy bly seker boonop entjie van mediese hulp af, so ek se nie dis reg, bloot dat dit nie was om skade aan te rig.
Wys my die ouer wat nog nie gese het ‘as jy nie wil hoor, dan moet jy maar voel’ en ek wys jou leuenaar.
Ma van 2 avontuurlustige seuns met min ore :)

jonkerig ·

Weetnielekker, ek stem saam met jou. die intensies was goed. Nadat die ma uitgevind het die slang was geen gevaar vir die kind nie het sy besluit dit is die regte geleentheid om hom te leer van die slang. elke ouer het al die woorde” dit sal niks doen nie” gebruik om ‘n kind te leer van ‘n insek of dier. in die geval was die kind gepik maar daar was volgens wat ek kan uitmaak geen gevaar vir die kind gewees nie. Die ma het maar net gereageer soos eenige een van ons sal, deur te lag toe sy sien haar kind skrik vir iets wat haar nie seer gaan maak nie of seer gemaak het nie.

Hanna ·

Hoop die kind oenthou wat haar ma gedoen het. Sy gaan oud word en haar nodig kry, dan is die bordjies verhang. Nee les of nie les dis onmenslik

Bokkie van der Merwe ·

Die ma is verseker n paar varkies kwyt.Waar in jou lewe het jy gesien jy laat jou kind deur n slang pik.En dit n eenjarige.Ons woon ook op n plaas en ek het nie my kinders tussen die beeste gelos sodat hulle moet “leer” beeste kan ook gevaarlik wees nie.Dis n stupid redenasie.

Ben ·

Na hierdie les van die ma ,op die ouderdom dink die kind dat alle slange is nie gevaarlik nie. Die kind het NIE nou en vir die volgende paar jaar die kennis om te onderskei watter slange gevaarlik is of nie. Baie onverstandig van die ma.

Liesel ·

My ma het my nie deur ‘n slang laat puk om my te “leer” dat dit gevaarlik is nie. Sys laf man.

Mike ·

Julle laat ook seker nie julle kinders in modder speel nie,niks mee fout om die kind op so manier te leer nie………..

Stella ·

Ek sal n swart mamba op haar sit om haar n les te leer. Is sy mal? Woede in my hart vir mense soos dit. Die dogtertjie is 1 jaar ou man. Flippen mishandeling

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.