Vrou loer gou eers na selfoon toe sy gered word

Foto: @colbydroscher/Twitter

ʼn Foto van ʼn vrou wat eers na haar selfoon kyk terwyl paramedici haar behandel, laat sosialemediagebruikers stomverbaas.

Besorgde verbygangers in New York het Maandag gehaas om ʼn vrou te help wat onder ʼn sportnutsvoertuig vasgekeer was ná sy omgery is. In die video kan gesien word hoe ʼn groot groep omstanders die voertuig omkantel sodat die vrou bevry kan word.

Colby Droscher het ʼn video van die voorval op Twitter gedeel en daarna ʼn foto van die vrou wat haar selfoon gebruik terwyl paramedici haar ondersoek. “Die vrou is wakker en op haar selfoon,” het Colby by die foto geskryf.

ʼn Woordvoerder van die New York-polisie het aan Insider gesê die 25-jarige vrou is by Bellevue-hospitaal behandel vir snye en kneusplekke. Sy het nie ernstige beserings opgedoen nie. Die 65-jarige bestuurder word aangekla dat hy nie stilgehou het nie.

Twitter-gebruiker @BobbieBees het geskerts en gesê weens die Amerikaanse gesondheidsorgsentrum was die vrou vermoedelik besig om ʼn vlug na Kanada te bespreek sodat sy nie die volgende 140 jaar lank hoef af te betaal aan haar besoek aan ongevalle nie.

@MsSmartie2U skryf: “Sy probeer net uitvind hoe ver haar Uber is.”

En Richard Brookshire sê: “Hierdie is die mees New Yorkste foto wat ek nog ooit gesien het.”

Skermgreep uit die video (@colbydroscher/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Corlia

Sy het heel waarskynlik net haar mense laat weet wat met haar gebeur het sodat hulle nie bekommerd moet wees oor haar nie. Ek sou …..

SoosDitIs

Sy het gou haar baas laat weet sy gaan laat wees.

Ansie

Hoekom dink mense altyd die slegste van ‘n medemens. Niemand weet hoekom sy dit gedoen het nie en sy moes dalk iemand laat weet oor sy afspraak gehad het.

Elize

Fear of missing out !

Willie

Ag gou haar skelmpie se nr delete.