Die KPR-sessie in seisoen 5 van The Office het nou wel nie die werknemers van Dunder-Mifflin gehelp nie, maar dit lyk of iemand darem iets geleer het.
Natalie Belsito, ʼn student aan Sentraal Michigan Universiteit, het gesien hoe ʼn klein eekhoring in ʼn dammetjie op die kampus verdrink. “Ek kon dit nie net los nie,” verduidelik Belsito aan die CMU-koerant.
ʼn Student wat verbygestap het, het haar gehelp om die eekhoring uit die water te haal, en sy het besef die diertjie haal nie meer asem nie. Sy het dadelik aan die KPR-vaardighede gedink wat sy op die NBC-komedie gesien het.
Dié vaardighede behels hoofsaaklik druk op die bors op die ritme van die Bee Gees se liedjie, “Stayin’ Alive”. Belsito het die liedjie begin sing, KPR op die eekhoring toegepas en hom uiteindelik weer bygebring.
“Dit was super cool om te dink dat ek ʼn onskuldige lewe gered het,” verduidelik Belsito verder. “Ek het gereeld Animal Planet op die televisie gekyk toe ek ʼn kind was, maar die KPR was alles uit daardie episode van The Office.”
Belsito het daarna die eekhoring met ʼn haardroër warm gemaak en nadat die diertjie weer sy krag herwin het, het sy dit later vrygelaat. Die eekhoring het vinnig in ʼn boom opgehardloop.
“Ons was so bly toe hy in die boom ophardloop, ons het almal geskree – ons kon nie ophou praat oor wat gebeur het nie!”
Brought a squirrel back from the dead, what was your Wednesday like? #chipshelpingchips pic.twitter.com/htDv2ncjzI
— nat belsito (@natbels7) March 29, 2018
Baie oulik en wat nog, maar die eekhoring was nie dood nie. Dan sou dit ‘n wonderwerk gewees het.
Nou as jy stop om asem te haal, is jy dood of lewendig?
Neil , vra ek ook.
Sommige mense moet artikels beter lees. Die student het dan KPR op die klein eekhoring toegepas, sodat hy weer moet asem haal. As jy nie asemhaal nie dan is dit mos n teken dat jy dood is????