Vrou reis byna 10 000 km om liefdeslotjie te verwyder

(Foto: Kassie Yeung/TikTok)

ʼn Vrou het op TikTok onthul dat sy meer as 9 600 km van Los Angeles na Seoul gereis het om ʼn liefdeslot te verwyder wat sy en haar eks aan ʼn toeristebestemming vasgemaak het.

Kassie Yeung het die “kleinlike” daad op sosiale media gedokumenteer waar haar video reeds byna 5 miljoen keer gekyk is.

Kassie en haar eks het in 2019 die Namsan-toring in Seoul, Suid-Korea besoek en ʼn slotjie vasgemaak om hul liefde te betoon. Die Namsan-toring is ʼn gewilde toeristeaantreklikheid vir paartjies om slotte – wat gewoonlik hul voorletters of ʼn hartjieboodskap bevat – aan die reling vas te maak om hul ewige liefde vir mekaar te betuig.

In die video reis sy na Seoul, koop ʼn knyptang en ry sy met die kabelkarretjie na die toring. Sy deursoek dan die talle slotte, vind die regte een en knip dit los.

“Ek is kleinlik en ek gee nie om wat enigiemand sê nie,” het sy by die video geskryf.

Een persoon het in die kommentaar gesê: “Dit is eenvoudig koningin-gedrag.” “Dis ongelooflik,” voeg ʼn ander by. “Ek het een in Parys [Frankryk] gelos. Ek beter ook soontoe reis om dit te gaan afknip.”

Kassie het aan Insider gesê sy het darem nie net na Suid-Korea gereis om die slot te verwyder nie. Sy wil ook loopbaangeleenthede ondersoek as ʼn ondersteuning-danseres.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daleen ·

Nou is daar NIKS meer wat jou aan hom bind nie. Gaan nou aan met jou lewe sonder hom. So iets is geneig om mens te pla tot dit uitgesorteer is nou is dit…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.