Vrou reis na Hawaii om hamster se as te strooi

Spud speel in sy Hawaii-stel (Foto: Lisa Murray-Lang/Facebook)

Lisa Murray-Lang en haar man William het na Waikiki in Honolulu, Hawaii, gereis om die as van hul geliefde hamster, Spud, te gaan strooi. Dit was glo sy gunstelingplek op aarde.

Die Lisa (46) was baie hartseer oor Spud se afsterwe in Maart 2022. Hy was drie jaar en sewe maande oud.

Sy het oor die jare vir hom kartonweergawes van plekke in die wêreld gemaak sodat hy daarin kan speel. Sy sê sy gunsteling was ʼn miniweergawe van Hawaii.

Sy het toe geld gespaar en Spud se as na die presiese strand in Waikiki geneem wat sy as inspirasie vir die kartontoneel gebruik het.

Lisa en William (66) se reis in Oktober het tien dae lank geduur – insluitend drie vlugte via Amsterdam en Los Angeles met viersterhotelverblyf.

Op die laaste dag van hul reis het hulle sy as tydens ʼn emosionele seremonie op die strand gestrooi, langs ʼn paar branderplanke.

Lisa, van Birmingham in Engeland, is ʼn professionele honde-stapper.

“Dit was ʼn mooi manier om van hom afskeid te neem. Ek is bly dat ons hom iewers gelos het waaroor hy dol sou wees,” het sy aan die Mirror gesê.

Lisa het tydens die pandemie begin om die stelle vir haar troeteldier te maak. Sy het Spud ses maande tevore gekry. Sy het elke element met die hand gemaak en karton en poppe gebruik. Sy het kartonweergawes van Londen, Parys en Coronationstraat gemaak waarin Spud kon speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Witbaard ·

Ek hoop die hamster het sy testament aan Lisa en haar man bemaak bemaak.

Delia ·

Nou het ek alles gehoor. Plaas sy die veld skenk vir n hamster haven of iets

Sandra ·

Dis nou jammer oor die hamster wat oorlede is. Maar die vrou se tonele wat sy gemaak het vir haar hamster is verstommend vol detail. Sy kan beslis ‘n loopbaan maak van die stel bouery van haar. Baie detail en dit in kleinmaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.