Vrou se blink plan met middagete-dief

Argieffoto (Foto: Wokandapix/Pixabay)

ʼn Vrou het vinnig ʼn plan beraam ná ʼn kollega haar middagete gesteel het.

Meeste mense wat in ʼn kantoor werk het waarskynlik al te doen gekry met kollegas wat dalk iets in die gemeenskaplike yskas gebruik wat nie eintlik hulle sʼn is nie.

Kojo, ʼn student van Ghana, het ʼn storie op Twitter gedeel van hoe sy ma ʼn middagete-dief uitoorlê het. Hy verduidelik sy ma het rou eiers in ʼn houer in die yskas by die kantoor gehou, sodat sy dit kan gaarmaak wanneer sy honger is. Toe die houertjie eiers egter verdwyn, het sy ʼn briefie in die kantoor opgesit: “Aandag aandag!” lui die briefie.

“Aan wie dit mag aangaan: Ek het ʼn houertjie eiers in die yskas gehad en nou is dit weg! Wie dit ook al gevat het, let asseblief daarop dat dit nie hoendereiers is nie en dit is nie vir menslike verbruik nie. As jy dit nog nie geëet het nie, gooi dit asseblief weg, maar as jy dit geëet het, kom sien my asseblief vir die teëmiddel. Dit is eiers van ʼn seldsame voël in Afrika. Dankie.”

Kojo sê die man was dadelik besorg en het haar vinnig gaan spreek uit vrees dat hy dalk kan sterf. Hy het ingestem om sy ma te vergoed.

Die plasing is wyd op Twitter gedeel en het duisende reaksies uitgelok van gebruikers wat lekker gelag en die vrou se geregtigheid geloof het. “Sommige mense is so arrogant! Hulle vat ander mense se kos uit die yskas uit,” het een gebruiker gesê. “Ek kan nooit verstaan hoe iemand sommer net ʼn ander se kos kan eet nie,” het nog een bygevoeg.

Foto: _kamoafo/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Slim plan en hy sal nie vinnig weer iemand se kos gaps nie. Hoop hy het darem n slapelose nag ingekry van bekommernis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.