Vrou se emosionele pleidooi ná man, kind in botsing sterf

Destiny saam met haar man, corey, en seuntjie Parker. Foto: Facebook

Destiny saam met haar man, corey, en seuntjie Parker. Foto: Facebook

ʼn Vrou van Missouri in die VSA het in ʼn roerende pleidooi mense versoek om nie te drink en bestuur nie, nadat ʼn botsing wat deur ʼn dronkbestuurder veroorsaak is die lewe van haar man en seuntjie geëis het.

Destiny Mantia se man en seun wat15 maande oud was, is op 20 September 2014 dood nadat ʼn dronkbestuurder met haar motor teen die gesin se motor vasgejaag het. Die dronkbestuurder is ook in die ongeluk dood.

Mantia het vroeër op die eerste herdenking van haar man, Corey en seuntjie, Parker, se dood, ʼn emosionele pleidooi op Facebook gelewer. “Min het ons geweet alles sou binne ʼn paar minute verander. Ons sou nie langer die geleentheid hê om ons toekoms saam te leef nie.

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die dag en tyd sal vir ewig in my gedagtes wees. Die optrede van die een selfsugtige persoon wat gedink het dit is oukei om dronk te bestuur, het op slag die lewe van my oulike en onskuldige seun geneem waar hy op die agterste sitplek gesit het.”

Sy skryf verder dat haar man 24 uur ná die ongeluk oorlede is. “Een selfsugtige besluit om te drink en bestuur het tot gevolg gehad dat ek op die ouderdom van 21 ʼn weduwee was en nie meer langer die ma van ʼn engel nie. Sy het alle drome wat ons saam gehad het, tot ʼn einde gebring en pyn veroorsaak wat ek nie geweet het bestaan nie.”

Mantia het ʼn beroep gedoen op mense om nie te drink en bestuur nie. “Die seer en pyn kon voorkom word indien iemand ingegryp het en die selfsugtige vrou gekeer het om te drink en bestuur. Jy kan iemand se lewe red. Moenie toelaat dat jou familie en vriende drink en bestuur nie. Een is te veel. Moenie drink en bestuur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lizelle ·

Dit ga my verstand te bowe om te dink dat mense nie daar aan dink as hulle drink kan hulle onskuldige mense se lewens in gevaar stel as hulle bestuur na dat hulle gedrink het. Ek se altyd as ek n ongeluk sien dis altyd onskuldige mense en families wat dood gaan as gevolg van mense wat nie kan dink nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.