Vrou se Facebook-boodskap aan dief

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die mede-eienaar van ʼn koffiewinkel in Louisiana in die VSA het haar tot Facebook gewend nadat daar by die koffiewinkel ingebreek is.

“Geagte persoon wat die naweek ingebreek het. Ons hoop regtig dat jy dit wat jy van ons gesteel het nodig gehad het,” het Elizabeth van Sant, mede-eienaar van Campbell’s Coffee and Tea, op Facebook geskryf ná die inbraak waartydens $300 gesteel is.

“Ons hoop dat jou kind ekstra spesiale kos gekry het om te eet, dat jou waterrekening betaal is en die diens weer aangeskakel is, of selfs dat jou hond ʼn spesiale bederf gekry het. Ons hoop dat jy geld geskenk het aan een van ons gunsteling- plaaslike noodlenigingsorganisasies. Die geld wat ons verdien deur ons eerlike bestaan gaan aan dié goed: ons werknemers, ons families, ons geliefdes en die gemeenskapsorganisasies wat ons ondersteun,” het Van Sant geskryf.

“Jou optrede maak dit moeilik vir ons om dié goed te doen en ons wil minstens weet of jy ons geld sal aanwend vir dieselfde doel as wat ons sou. Ons is vergewensgesind en wil nie met woede reageer nie. Ons ondersteuners en vriende sal saam met ons staan en voortgaan om hul ondersteuning te wys vir die eerlike, hoë kwaliteit werk wat ons doen en ons sal voortgaan met die diens aan ons gemeenskap vir wie ons so lief is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

Solank dit haar laat beter voel. Almal weet gewetenlose boewe vee hulle af aan sulke “oop briewe”. Inteendeel, dit mag diewe aanspoor om weer te steel want hulle weet hulle optrede word vergewe.
Kom kyk bietjie hier in SA, liewe koffie winkel bestuurder, kyk of jy nog so in ‘n vergewende bui is as daar vir die 6de keer by jou winkel ingebreek word of as hulle mense naby aan jou doodskiet net vir die klein bietjie geld in jou kasregister.

sarie van heerden ·

Ek stem saam met Ed. om die brief aan die inbreker aan Zuma te stuur, maar hoe nou gemaak met Zuma wat nie kan lees en wanneer hy “toesprake” hou lees hy woordjie vir woorde wat in groot skrif alles op aparte blaaie geskryf staan. Have mercy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.